27 Maart 00:54
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Politiek
PE het reg om Menseregtedag self te vier, sê Trollip

Hulle is gevra om nie met die nasionale vieringe van Menseregtedag mee te ding nie, maar om dié dag te vier is steeds Port Elizabeth se grondwetlike reg.

Só het Athol Trollip, burgemeester van Nelson Mandelabaai, Maandagmiddag op ’n mediakonferensie gesê.

Volgens Trollip het Pemmy Majodina, LUR vir sport, ontspanning, kuns en kultuur, in ’n skrywe gevra dat munisipale en provinsiale regerings nie geleenthede reël wat bots met pres. Jacob Zuma se besoek aan King William’s Town vir die herdenking van Menseregtedag nie.

“Daar word verwag dat munisipale dié geleentheid sal steun,” skryf Majodina in haar brief van 22 Februarie, wat met die media gedeel is.

“Die munisipaliteite word versoek om te sorg dat hul herdenkings dien om op te bou na die groot geleentheid wat op 21 Maart gehou word.”
Ingevolge dié opdrag het die munisipaliteit sy steun onttrek van die herdenkingsgeleentheid van die Uitenhage Massacre-stigting, sê Trollip. “Ek het dit ook per e-pos oorgedra aan haar. Ons wil nie ’n antagonistiese verhouding met die provinsiale en nasionale regering hê nie,” verduidelik hy.

Athol Trollip

“Dit is egter nie die eerste keer dat ons probeer om dae rondom ons geskiedenis te herdenk nie.”

Trollip het verwys na die herdenking van die sinking van die SS Mendi, wat in Februarie op die nippertjie gekanselleer is, en ’n geleentheid wat rondom Erfenisdag verlede jaar gehou sou word.

“Ons het besluit om dié geleentheid uit te stel, want ons was nog nuut in die leierskorps van die metro,” sê Trollip. “Kort voor die geleentheid is ons ingelig dat ’n politieke groep daarteen gekant is.

“Daar is egter ’n patroon waarvolgens daar altyd ’n ‘goeie rede’ is om nie dié geleenthede te hou nie, en ons gaan dit nie meer toelaat nie. Dit is ons demokratiese en menslike reg om dié dae te herdenk.”

Om dié rede sal die munisipaliteit sy eie geleentheid in Sentraal hou, voeg Trollip by. “Ons sal begin by die Donkin-reserwe, waarna ons langs Route 67 sal beweeg en na die Vuyisile Mini-plein gaan, waar ons ’n reeks praatjies sal hou.”

Dié herdenking sal om 09:30 begin.

* Intussen het Andile Nduna, woordvoerder van die departement, gesê Majodina het nog nie Trollip se skrywe ontvang nie. “Die provinsiale regering het aanvanklik besluit om Menseregtedag in Aliwal-Noord op 17 Maart te vier,” sê Nduna.

“Toe hoor hulle egter dat die nasionale geleentheid in die Oos-Kaap gehou sal word om die sterfte van Steve Biko te herdenk. Daarom het hulle besluit om die provinsiale geleentheid te kanselleer en eerder saam te werk om die nasionale herdenking ’n sukses te maak.

“Alle distrikte en munisipaliteite is hiervan ingelig om te verseker dat geen ander geleenthede in die provinsie gehou word nie. Die uitvoerende raad, insluitend die LUR, verwag dus géén ander herdenkingsgeleenthede in die provinsie nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.