27 Maart 00:44
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Politiek
Zille: 'In SA is dit sonde as wittes praat'

Haar eie lot is irrelevant: Die ware gevaar is dat die DA in sy soeke na stemme kan begin om elke beginsel en mite van die ANC se rasna­sionalistiese propaganda te sluk.

So waarsku Helen Zille, Wes-Kaapse premier, in ’n stuk van meer as 3 000 woorde op die webwerf Daily Maverick waarin sy die omstrede twiets wat haar politieke loopbaan nou bedreig in konteks probeer plaas. 

Sy skryf as die DA dié filosofie van die ANC sy eie maak, sal dit net ’n kwessie van tyd wees voordat korrupsie ’n instelling word.

“As dit sou gebeur, sal dit irrelevant wees of ons verkiesings wen of verloor omdat ons nie meer ’n alternatief sal bied nie. 

“Dit is waarom dié debatte nie ’n syspoor is nie. Dis noodsaaklik om dit te hê.” 

’n Storm het om haar losgebars toe sy getwiet het diegene wat glo kolonialisme was net negatief, moet dink aan die “onafhanklike regbank, vervoerinfrastruktuur, water, ensovoorts”.

Mmusi Maimane, DA-leier, het hom dadelik van haar uitlatings gedistansieer en haar by die party se federale regskommissie aangegee.

In die Daily Maverick-artikel, wat gister gepubliseer is, skryf Zille sy het nog altyd geweet Afrika-rasnasionalisme is die ANC se sentrale beginsel. 

“Maar is dit besig om die DA se filosofie te word?”

Volgens Zille behels rasnasionalisme onder meer die verdagmaking van minderhede, populistiese mobilisering en ’n stelsel van politieke patronaatskap.

Terwyl reis jou denke verbreed, bly ek vergeet terug in Suid-Afrika is dit beter om jou denke weer te verklein om in die kontoere van politieke korrektheid te pas. Veral as jy wit is. Om as ’n wit persoon te praat, word as die grootste sonde beskou.
Helen Zille

Sy glo sy sal ’n regverdige verhoor in die DA kry. 

“Ek is baie dankbaar vir die DA se erfenis van (durf ek dit koloniaal noem?) navolging van die regsprosesse – waaronder audi alterem partem (hoor die ander kant van die saak).” 

Om haar omstrede twiets in konteks te plaas, wei sy uit oor haar onlangse besoek aan Singapoer en die lesse wat Suid-Afrika by dié stadstaat kan leer. 

Hoewel hy geen natuurlike hulpbronne het nie, is Singapoer ’n vooruitstrewende staat wat homself konstant vernuwe. Die land het in die bestek van een generasie beweeg van “uiterste armoede tot die voorpunt van moderniteit”.

Ná die reaksie op haar twiets het sy onthou dat Nelson Mandela gesê het sendingskole is gekritiseer weens hul koloniale houdings en praktyke. 

“Tog, selfs met sulke houdings, glo ek hul voordele het swaarder as hul nadele geweeg,” het Mandela volgens haar gesê.

Maar as jy wit is, durf jy nie Mandela se siening deel nie. 

In ’n gedeeltelik vry Singapoer kan jy jou mening lug, maar nie in ’n vry Suid-Afrika nie. 

“Terwyl reis jou denke verbreed, bly ek vergeet terug in Suid-Afrika is dit beter om jou denke weer te verklein om in die kontoere van politieke korrektheid te pas.

Veral as jy wit is.” Om as ’n wit mens te praat, word as die grootste sonde bestempel, lui haar stuk.

Maimane het gister in Pietermaritzburg gesê Zille se uitlatings het ernstige gevolge gehad. 

“Ek deel nie haar sienings nie en sal bly veg vir ’n Suid-Afrika waar alle rasse saamstaan.”



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.