21 Augustus 04:39
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Politiek
Register van LP-belange dán uitgereik
LP's in hul plekke in die Nasionale Vergadering. Foto: Mike Hutchings, Reuters

Die register waarin LP’s se belange jaarliks verklaar word, sal, nadat die sperdatums reeds twee keer uitgestel is, aanstaande week uitgereik word.

Dié kwessie is Donderdag deur die parlementêre portefeuljekomitee oor etiek en ledebelange bespreek. Al was afskrifte van die register by die komitee sigbaar, is dit nie aan LP’s en die media uitgedeel nie. Joernaliste is gevra om die komitee te verlaat toe die besprekings oor die register begin het.

Amos Masango, medevoorsitter van die komitee, het ná die vergadering gesê die komitee het die register aanvaar, maar ’n mediakonferensie waar afskrifte ook uitgedeel sal word, sal vir voor Dinsdag aanstaande week gereël word.

Omie Singh, die ander medevoorsitter van die komitee, het gesê daar is ’n gedeelte in die register wat vertroulike inligting bevat. Dit moet geskei word van die openbare gedeelte wat teen volgende week uitgereik sal word. Dit hou verband met die persoonlike inligting van LP’s.

Anchen Dreyer, DA-LP, het by navraag gesê altesame 14 LP’s het ’n tweede sperdatum vir die indien van hul inligting misgeloop. Hulle het dus die gedragskode oortree en deel van die bespreking was dat daar teen hulle opgetree moet word. “Ons het in Mei 2016 ná die verkiesing besluit op ’n sperdatum van einde Augustus en die tweede sperdatum was einde September. Daar was egter steeds mense wat laat was. Die ding moet nou uitgereik word,” het Dreyer gesê.

LP’s moet jaarliks voor ’n vasgestelde sperdatum hul belange verklaar wat in die register vir ledebelange aangedui word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.