22 Augustus 09:03
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 22km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 11°C

Wind 28km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Saterdag

18°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Politiek
SAUK-raad moet Hlaudi nóú pos, eis groep
Hlaudi Motsoeneng (bo) se pos as hoof van korporatiewe sake by die SAUK word tydelik gevul deur Keobokile Mosweu. Foto: Argief

Die tussentydse SAUK-raad moet die proses om Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die openbare uitsaaier, in die pad te steek, “spoedig, maar ingevolge prosedures” finaliseer, aldus die Right2Know (R2K)-drukgroep.

In ’n ope brief aan die tussentydse raad, wat sowat ’n maand gelede aangestel is, skryf die R2K hulle is bekommerd oor die vertragings om Motsoeneng te dissiplineer.

Dit kom nadat Motsoeneng vroeër vandeesweek ’n nuuskonferensie in Johannesburg gehou het waarin hy sy eie lof besing en sy kritici veroordeel het.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het in Desember Motsoeneng se aanstelling as die SAUK se korporatiewe hoof onwettig en irrasioneel verklaar nadat die DA ’n aansoek in dié verband ingedien het.

Die hof het onder meer gelas dat hy geen pos by die SAUK mag beklee totdat hy ’n bevredigende tugverhoor gehad het of die bevindinge van die openbare beskermer teen hom deur ’n hof hersien en ter syde gestel is nie.

Ander kwessies wat die R2K-drukgroep wil hê die tussentydse SAUK-raad aan moet voldoen, sluit in:

Die praktyk van sensorskap en/of redaksionele inmenging by die SAUK moet afgeskaf word. Die SAUK moet volgens die R2K dus nie leun in die rigting van “polities partydige dekking” nie en moenie aktief of onregstreeks menings en inhoud onderdruk wat beskou word as krities jeens die regerende party en die ekonomiese elite nie.

Die groep glo ook dat bevoegde uitvoerende hoofde wat ten volle verbind is tot die SAUK se mandaat – ’n permanente uitvoerende hoof, bedryfshoof en finansiële hoof – onverwyld aangestel moet word.

Alle nodige stappe moet gedoen word om die klimaat van “teistering en intimidasie” van SAUK-werkers te beëindig en om die moraal van werknemers te verhoog.

“Dit moet ’n ondersoek insluit na die rol en optrede van die Staatsveiligheidsagentskap in die ondersoek van werkers en die verwydering van die problematiese ‘onderskeppingsklousule’ in dienskontrakte wat werkers dwing om toestemming te verleen dat hul kommunikasie onderskep mag word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.