26 Junie 10:42
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Politiek
Sekswerk dalk gewettig – Cyril
Adj.pres. Cyril Ramaphosa Foto: Leon Sadiki, City Press

Sekswerkers is geregtig op al die regte waarop ander Suid-Afrikaners geregtig is en daar word na die wettiging van sekswerk gekyk.

Dit was Woensdag adj.pres. Cyril Ramaphosa se boodskap aan die Nasionale Raad van Provinsies waar hy vrae beantwoord het.

Thandi Mpambo-Sibhukwana, Wes-Kaapse DA-LP, wou weet hoe die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad sekswerkers bereik, gegewe dat sekswerk onwettig is.

Ramaphosa het gesê die Grondwet verskans die reg tot gesondheidsorg aan almal, ongeag hul werk.

“Dit plaas ’n plig op die staat om aan sekswerkers toegang tot gesondheidsorg te gee.”

Die verskaffing van kondome aan sekswerkers speel ’n baie belangrike rol in die bekamping van MIV-infeksies. Hy het gesê die voorkoms van MIV is drie tot vier keer hoër onder sekswerkers as onder die algemene vroulike bevolking.

Hulle wil met dieselfde waardigheid as ander mense behandel word
Adj.pres. Cyril Ramaphosa

Sekswerkers is nou betrokke by die gesondheidsprogram. Dit is daarop gemik om begrip by gesondheidswerkers te kweek vir die omstandighede van sekswerkers.

Oor die wettiging van sekswerk het Ramaphosa gesê die Regskommissie is besig om dit te ondersoek en sal weldra met ’n verslag daaroor vorendag kom.

“Die kwessie oor die wettiging van sekswerk is ’n netelige een.” In sommige lande is dit wettig, in ander nie.

“Daar is baie mense betrokke by sekswerk wat dit as hul beroep beskou. Hulle wil met dieselfde waardigheid as ander mense behandel word.”

Sommige mense sê hulle raak betrokke by sekswerk omdat hulle nie ander ekonomiese geleenthede het nie, en dit is ook iets wat moet aandag kry. Daar is sowat 153 000 sekswerkers in Suid-Afrika.

Ramaphosa sê daar is mense wat gekant is teen die wettiging van sekswerk. “Ons is ’n land van mense wat sake debatteer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.