26 April 13:43
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Politiek
Wapenskandaal: ‘Geen groot bevindings verwag’
Willie Seriti

Hoor geen kwaad, sien geen kwaad en praat geen kwaad...

Dít is wat David Maynier, DA-LP, verwag in die Seriti-verslag oor Suid-Afrika se omstrede wapentransaksie vervat sal word.

Die presidensie het Woensdag aangekondig dat pres. Jacob Zuma die verslag van die kommissie van regter Willie Seriti ontvang het.

“Die verslag sal geprosesseer word en verdere kommunikasie sal op ’n gepaste tyd plaasvind,” lui die presidensie se gebruiklik vae verklaring.

Maynier het gesê dit is noodsaaklik dat Zuma die hele verslag vinnig bekend maak.

“Uit my ervaring verwag ek nie dat die verslag enige groot bevindings gaan bevat nie,” het Maynier gesê.

Maynier, in sy vorige hoedanigheid as die DA se woordvoerder oor verdediging, het self voor die kommissie getuig en was baie gefrustreerd met hoe die verrigtinge verloop het, onder meer omdat dele van sy getuienis nie toegelaat is nie.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad en die eerste onthuller van moontlike korrupsie in die omstrede wapen-aankoopprogram, het per SMS gesê: “Ek hoop dat geregtigheid sal geskied en dat die president die durf sal hê om die nodige optrede te neem.”

’n “Pessimistiese” dr. Pieter Groenewald, VF-Plus-LP, het gesê die getuienis wat hy voor die Seriti-kommissie waargeneem het, het geen nuwe inligting opgelewer nie. Hy sal baie verbaas wees indien die kommissie enige korrupsie bevind het. Indien wel moet diegene geïdentifiseer en strafregtelik vervolg word.

Hy glo die wapenaankoopskandaal is ’n klad op die naam van die regering. “Die volle verantwoordelikheid hiervoor moet gedra word deur oudpres. Thabo Mbeki wat die voorsitter van die kabinetskomitee oor die wapenaankope was en oudpres. Nelson Mandela wat die president van die land was toe die transaksies aangegaan en voltooi is.”

Die “verdere skandaal” is dat die meeste van die Gripen-vegvliegtuie tans in ’n stoor gebêre word weens die gebrek aan finansies om vlieëniers behoorlik op te lei. “Dit is ’n verdere bewys daarvan dat die kommissie ’n vermorsing van belastingbetalers se geld was.”

Die kommissie, wie se werk in Junie vanjaar ten einde geloop het, was in omstredenheid gedompel omdat verskeie getuies geweier om voor die kommissie te verskyn omdat hulle die kommissie nie as geloofwaardig beskou het nie. Verskeie amptenare van die kommissie het ook bedank voordat die kommissie met sy sittings begin het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.