19 Februarie 13:43
Kaapstad Verander Area

Sondag

22°C / 16°C

Wind 55km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

24°C / 16°C

Wind 39km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Dinsdag

26°C / 18°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Donderdag

25°C / 19°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Politiek
Zuma-neefs glo betrokke by beplande myn in bewaargebied
Edna Molewa

Die Wêreldnatuurfonds (WWF) is “diep bekommerd” oor die feit dat Edna Molewa, minister van omgewingsake, goedkeuring aan die mynmaatskappy Atha-Africa gegee het om ’n steenkoolmyn in ’n bewaringsgebied in Mpumalanga te begin.

Dr. Morné du Plessis, uitvoerende hoof van die WWF, sê omgewingsgoedkeuring vir die bedryf van ’n steenkoolmyn in Mabola, een van Suid-Afrika se mees waterryke, bewaarde gebiede is “uiters kommerwekkend”.

Molewa het die groen lig aan Atha-Africa, ’n Indiese maatskappy, gegee om uitvoersteenkool in een van die opvangsgebiede van die Vaal-, Tugela- en Pongolariviere te myn.

Pres. Jacob Zuma se twee neefs, Siswe Christopher Zuma en Vicent Gezinhliziyo Zuma, is glo trustees van die myngroep.

Pres. Jacob Zuma se twee neefs, Siswe Christopher Zuma en Vicent Gezinhliziyo Zuma, is trustees van die myngroep.

Melissa Fourie, direkteur van die Sentrum vir Omgewingsgeregtigheid (CER), sê dié sentrum is gereed om die regering se eerste goedkeuring ooit vir ’n steenkoolmyn in ’n bewaarde gebied tot in die konstitusionele hof te beveg.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ’n minister van omgewingsake goedkeuring gee vir ’n steenkoolmaatskappy om in ’n bewaringsgebied te myn.

Atha-Africa het verlede jaar daarin geslaag om die mynreg, sowel as ’n waterlisensie, te bekom.

Du Plessis sê wetgewing vir die bewaring van sekere gebiede is spesifiek geskryf sodat dit “ten alle koste beskerm en bewaar moet word”.

Volgens hom hou hierdie goedkeuring “niks goeds in vir ander bewaarde gebiede nie”.

Dr. Morné du Plessis, uitvoerende hoof van die WWF.

Du Plessis het daarop gewys die WWF is bewus van die feit dat kwessies rondom mynboubedrywighede al hoe minder deursigtig raak.

“ ’n Steenkoolmyn in ’n bewaarde gebied is nie net teenstrydig met goeie wetenskaplike navorsing nie, maar berus op gewone gesonde verstand.

“Die WWF sal geen steen onaangeroer laat om te sorg dat die burgerlike gemeenskap se beste belange gedien word nie.”

Fourie sê die CER verteenwoordig agt bewaringsorganisasies wat saam veg teen Atha-Africa se mynreg, waterlisensie en omgewingsgoedkeuring.

Volgens haar is die CER besig met verskeie interne appèlprosedures teen Atha-Africa. Die CER het intussen met regstappe begin en gaan eersdaags ’n aansoek in die hooggeregshof bring om die mynreg tersyde te laat stel.

Die CER het appèl aangeteken teen die waterlisensie wat Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, op 7 Julie verlede jaar aan Atha-Africa uitgereik het.

Die appèl het reeds Atha-Africa se beplande bedrywighede vir die oomblik opgeskort.

Atha-Africa het egter op 9 Januarie ’n petisie aan Mokonyane gerig waarin die mynhuis vra dat die tydelike opskorting van sy planne tersyde gestel word.

Atha-Africa doen in die brief ’n striemende aanval op die CER.

’n Steenkoolmyn in ’n bewaarde gebied is nie net teenstrydig met goeie wetenskaplike navorsing nie, maar berus op gewone gesonde verstand.
Dr. Morné du Plessis, WWF

Praveer Tripathi, senior visepresident van Atha-Africa, beskuldig die CER in die brief aan Mokonyane daarvan dat dié nieregeringsorganisasie se optrede “verkeerd en bedrieglik is en opsetlik gefabriseer is om verwarring te saai”.

Tripathi skryf voorts die CER is bekend daarvoor dat hy die meeste van die mynbedrywighede in Mpumalanga teenstaan. “Ons meen die CER is besig om opsetlik sensasie te saai en verkeerde inligting te versprei.

Volgens Fourie is hierdie stryd teen Atha-Africa vol regsuitdagings. As Mokonyane Atha-Africa sy sin gee, sal die CER ook die hooggeregshof nader vir ’n interdik.

Anil Singh, hoof van die Blou Skerpioene by die departement van water en sanitasie, het gesê die regering se besluite oor die myn is gebaseer op “uitgebreide wetenskaplike navorsing”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.