23 Augustus 13:56
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Politiek
Zuma: Só werk vandag se proses

Die parlement het Dinsdagoggend bekend gemaak hoe die geheime stemmery gaan werk wanneer LP’s vanmiddag in die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma stem:

So begin dit:

Die Nasionale Vergadering (NV) se spesiale sitting om die mosie te oorweeg begin om 14:00.

Die dag se verrigtinge begin met ’n debat, waarna die sitting vir eers ’n pouse het sodat die administratiewe personeel kan gereed maak vir die geheime stemming.

Dit sluit in dat vier stemhokkies (soos met ’n algemene verkiesing in ’n verkiesingslokaal) ingerig word. Daar is twee houers waarin die stembriewe gegooi word.

Klokke sal lui waarna die deure van die Nasionale Vergadering gesluit sal word vir die stemproses.

Baleka Mbete Foto: Leon Sadiki

Hierna sal Baleka Mbete, speaker, die prosedure wat die parlementslede moet volg aan hulle verduidelik.

Die vraag waaroor gestem word, word op stembriewe gedruk, met blokkies daarby waarop die keuses ja, nee of geen stem, gedruk is.

Die speaker vra dan dat die leë houers waarin die stembriewe gegooi word, aan almal gewys word. Daarna word dit met plastiekkabels geseël.

Dan die stemmery:

LP’s se name verskyn alfabeties op ’n lys en hulle word een-vir-een in alfabetiese volgorde geroep om op te staan en te gaan stem.

Een van die stemhokkies is ook toeganklik vir gestremde mense.

Die LP’s maak hul kruisie in die blokkies. Elke LP wat teenwoordig is, moet stem en mag net een keer stem.

So word die stemme getel:

Sodra al die LP’s gestem het, vra die speaker dat die houers met die stembriewe geseël word. Selfs die gleuf waardeur stembriewe in die houer gedruk is, word geseël.

Elke politieke party benoem ’n verteenwoordiger wat teenwoordig sal wees wanneer die stemme getel word.

Nog ’n pouse word aangekondig sodat die stemme getel kan word.

In die telvertrek:

’n Spesiale vertrek word gebruik om die stemme te tel. Die parlement se beskermingsdienste is teenwoordig om die vertrek te monitor.

Al die houers met stembriewe word oopgemaak in die teenwoordigheid van die speaker en die afgevaardigdes van die verskillende politieke partye.

Die stembriewe word gesorteer, getel en geoudit in die teenwoordigheid van die speaker en die afgevaardigdes.

Foto ter illustrasie.

Die sekretaris van die NV teken die uitslag af en dit word aan die speaker oorhandig.

Niemand mag die uitslag bekendmaak alvorens die speaker dit nie in die NV doen nie.

Niemand mag enige elektroniese toerusting in die vertrek inneem waar die tellery gedoen word nie.

Die aankondiging:

Wanneer die klokkie lui, weet LP’s hulle moet weer byeen kom. Sodra die NV weer in sitting is, maak die speaker die uitslag bekend.

Die stembriewe word in argiefhouers geplaas, wat geseël word met plastiekkabels en met was.

Dié houers mag slegs weer oopgemaak word wanneer die speaker of ’n hof daaroor ’n uitspraak lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.