23 Augustus 14:01
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Nuus
‘Publiek voldoende ingelig dat ODM pornografie sou uitsaai’

KAAPSTAD. – Die publiek is voldoende ingelig dat On Digital Media (ODM) vir drie pornografiese kanale aansoek gedoen het, het Okosa gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê.

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het kennisgewings in die Staatskoerant gepubliseer wat gelui het dat voorleggings gedoen kon word en dat daar ’n openbare debat sou wees, het Okosa se prokureur, Paul Kennedy, gesê.

Dié kennisgewings moet in die konteks gesien word van Okosa se nuusverklarings, die gevolglike mediadekking en die feit dat die publiek geweet het ODM het ­vroeër probeer om vir die kanale aansoek te doen.

“As iemand belang stel en bekommerd is oor wat uitsaaiers uitsaai, soos die partye inderdaad is, kan en behoort hulle hul ore op die grond te hou.”

Kennedy het Okosa se besluit verdedig om in April verlede jaar lisensies aan ODM toe te ken, ’n besluit wat die hof nou ondersoek ná aansoeke deur die Justice Al­liance of SA, Cause for Justice en Doctors for Life.

Regter Lee Bozalek het Kennedy gevra hoekom die kennisgewing in die Staatskoerant van Desember 2012 dit nie gestel het dat die kanale pornografie sou uitsaai nie.

Kennedy het toegegee dat die kennisgewing sonder konteks nie doeltreffend was nie, maar het volgehou dat Okosa nie alles hoef uit te spel nie.

Hy het gesê die mediadekking van die aansoek was belangrik en daar was “geen twyfel” nie, te oordeel na die meer as 600 voorleggings wat van organisasies en die publiek ontvang is.

Bozalek het gesê ’n nota by die kennisgewing dat die kanale pornografie gaan vertoon, sou nie so moeilik gewees het nie.

Hy het bevraagteken hoe ekonomies dit vir die publiek is om na Johannesburg te moet reis om by Okasa se biblioteek ’n afskrif van die volledige aansoekvorm te bekom. –

Sapa

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.