29 Mei 22:59
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Nuus
Saak teen Pagad-hoë vir eers van die rol
Abdul-Salaam Ebrahim sit agter in die polisiewa voor sy vlugtige verskyning gister in die Athlone-landdroshof. Foto: lulama zenzile
Adbul-Salaam Ebrahim hou die Koran omhoog nadat ’n driedubbele aanklag van moord teen hom teruggetrek is. Hy is gister by die Athlone-landdroshof vrygelaat. Aan sy regterkant staan Zakariyah Albertyn, wat ook in verband met dié moorde de

KAAPSTAD. – Die nasionale koördineerder van Pagad is ’n week gelede tydens sy oggend-biduur in verband met ’n driedubbele moord in hegtenis geneem, en gister het die staat besluit om die saak voorlopig terug te trek.

Die polisie het Abdul-Salaam Ebrahim (55) op 14 Augustus om 05:30 in sy huis in Lansdowne in hegtenis geneem en aan hom gesê hy word van ’n driedubbele moord op Tanzaniërs aangekla.

Drie mans is verlede Dinsdagaand in Belgravia doodgeskiet. ’n Suid-Afrikaanse vrou is ook erg beseer.

Ebrahim is twee dae in die Guguletu-polisiekantoor aangehou en het ’n week gelede vir die eerste keer in die Athlone-landdroshof verskyn.

Die saak was tot 26 Augustus uitgestel, maar die staat het gister Ebrahim se prokureur, Tashriq Ahmed, gekontak en gesê hulle het die datum tot gister vervroeg.

Die staatsaanklaer, adv. Piet Steyn, het gisteroggend omstreeks 09:30 Ebrahim se saak geroep en binne drie minute afgehandel. Hy het gesê die saak word voorlopig teen Ebrahim teruggetrek terwyl die ondersoek nog gefinaliseer moet word.

Soos een man het vriende en familie van Ebrahim, asook lede van Pagad, opgestaan en die hofsaal verlaat om buite op Ebrahim te wag.

Onder hulle was Zakariyah Albertyn, ook ’n lid van Pagad, wat Dinsdag en Woensdag ook in verband met die moorde vir ondervraging aangehou is.

Hy is Woensdag vrygelaat sonder dat hy aangekla is.

Buite die hof het sowat 50 mense gewag by die hek, waardeur gevangenes van die tronke na die hofgebou gebring word.

Toe Ebrahim sowat 10 minute later vrygelaat is, het almal hom gesoengroet.

Ebrahim het die media toegespreek en gesê die staat het nie ’n saak teen hom nie. “Daar is nie regtig ’n klag teen my nie. Die polisie het my nooit gevra of ek ’n alibi het nie. Hulle moes dit eerste gedoen het.”

Ahmed het gesê die polisie het beslag gelê op Ebrahim en Albertyn se selfone, klere en Albertyn se bakkie om dit te ondersoek.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging, wou nie sê waarom die aanklagte voorlopig teen Ebrahim teruggetrek is nie.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.