24 Julie 18:46
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Wêreld
David Rockefeller sterf op 101

Die Amerikaanse magnaat en filantroop David Rockefeller is Maandag in die ouderdom van 101 in sy slaap in Pocantico Hills, New York, oorlede.

Rockefeller, voormalige hoof van Chase Manhattan Bank en patriarg van een die invloedrykste families in die VSA, het in sy lewe meer as R25 miljard ($2 miljard) weggegee. Hy was die seun van John D. Rockefeller Jr, wat die bekende Rockefeller Centre in New York ontwikkel het, en die laaste kleinseun van John D. Rockefeller, oliemagnaat en stigter van Standard Oil.

David was die hoof van Chase Manhattan Bank van 1969 tot 1981 en het nou verhoudings met regerings en internasionale maatskappye opgebou.

Hy was die jongste van ses kinders en het in New York grootgeword.

Die negeverdiepingherehuis waarin hy grootgeword het, is vandag deel van die Museum of Modern Art, wat sy ma, Abby, in 1929 help stig het.

Forbes het in Maart vanjaar geraam sy fortuin, eiendomsbeleggings, deel van familietrusts en ander aandele is R41,6 miljard ($3,3 miljard).

David het in 1936 aan die Harvard-Universiteit studeer en het ’n doktorsgraad in ekonomie aan die Universiteit van Chicago in 1940 verwerf.

Sy vrou, Peggy, is in 1996 oorlede.

Hulle het ses kinders en tien kleinkinders.

David het steeds in sy 90’s ­elke dag werk toe gegaan. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.