Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Wêreld
Man sterf toe bom wat hy dra naby musiekfees ontplof

’n 27-jarige Siriese man is Sondag in Ansbach, Duitsland dood toe ’n bom wat hy by hom gehad het buite ’n musiekfees ontplof het.

Twaalf ander mense is in die voorval beseer, van wie drie ernstig.

Die man man is na wat berig word sowat ’n jaar gelede asiel in Duitsland geweier.

Ansbach is suidwes van Nurenberg geleë, waar daar ’n Amerikaanse weermagbasis is.

Joachim Herrmann, Beiere se minister van binnelandse sake, het vroeg Maandagoggend aan verslaggewers gesê dit is onduidelik of die man beplan het om sy eie lewe te neem en of hy “ander saam met hom wou doodmaak”.

Die Siriër het glo twee jaar gelede in Duitsland aangekom en het homself na bewering twee keer voorheen om die lewe probeer bring.

Hy het Sondag ’n rugsak gedra waarin plofstof en metaalstukke was wat meer mense se lewe kon eis.

Herrmann sê die moontlikheid kan nie buite rekening gelaat word dat dit ’n Islamities-geïnspireerde aanval was nie.

Meer as 2 000 mense is ná die ontploffing uit die terrein waar die musiekfees was na veiligheid gebring.

Dit was die vierde gewelddadige aanval in Duitsland die afgelope week.

Nege mense is Vrydag in München deur ’n 18-jarige man doodgeskiet. Die aanvaller is in Duitsland gebore, maar sy ouers het van Iran gekom.Die skieter het homself later om die lewe gebring.

Sondag in Reutlingen, in die suidweste van die land, het ’n 21-jarige Siriese vlugteling ’n swanger vrou met ’n kapmes doodgekap en twee ander mense beseer voordat hy in hegtenis geneem is.

’n Pakistanse vlugteling het ’n week gelede in Würzburg vyf mense in ’n bylaanval gewond voordat die polisie hom doodgeskiet het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.