23 Augustus 14:02
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Wêreld
N-Korea kan dreig, mense van Guam voel veilig
Julietta Quinene, haar man, Tony, en hul drie kinders, Kyle (10), Tony Ryan (15) en D’Marco (19).
Dit is soos enige dag hier. Maar ons is bewus van die baie klein kans dat Noord-Korea ons kan aanval.
Palmbome en dreigemente van oorlog is die werklikheid vir die inwoners van Guam. Foto: Julietta Quinene

“Dit is soos enige dag hier. Maar ons is bewus van die baie klein kans dat Noord-Korea ons eiland kan aanval.”

Só beskryf Julietta Quinene, ’n boorling van Matroosfontein in die Wes-Kaap, die siening van mense op die eiland Guam waar sy die laaste aantal jare woon.

Te midde van verskerpte dreigemente deur Noord-Korea dat planne gefinaliseer word om dié Amerikaans beheerde eiland met missiele aan te val, sê Quinene hulle is gewoond aan bedreigings, hetsy deur die natuur of van dreigende oorlog.

Hulle is heeltemal gerus dat die veiligheidsmagte wat daar ontplooi is, enige aanval op die eiland sal kan afweer.

“Ons voel beskerm teen die 0,0001-moontlikheid dat ons eiland aangeval sal word.”

Sy sê die eilandbewoners is in der waarheid veiliger (omdat daar soveel militêre beskerming is) as mense in Suid-Korea of Japan.

Die afstand tussen Guam en Noord-Korea is sowat 3 500 km.
So lyk ’n “verkeersknoop” in Guam volgens Julietta Quinene. Foto: Julietta Quinene

Die inwoners van Guam het bepaalde riglyne wat hulle moet volg in geval van ’n bedreiging en hulle oefen gereeld wat om te doen.

Quinene, haar man, Tony, en hul drie kinders D’Marco (19), Tony Ryan (15) en Kyle (10), woon op die eiland. Hulle is Amerikaanse burgers en Tony is ’n afgetrede lid van die Amerikaanse weermag.

Die skole het pas weer begin ná die vakansie en Quinene sê dit is maar soos enige ander dag – sy het die kinders by die skool gaan aflaai en daar was dieselfde “ ‘druk verkeer’, niks anders as enige ander dag nie”.

Tony Ryan het sy ma trots gemaak toe hy uit sy eie wou weet wat die gesin se plan van aksie is indien hulle deur missiele bedreig word.

Donderdagmiddag was dit net nog ’n lieflike dag op die eiland Guam terwyl die wêreld gons oor ’n moontlike missielaanval deur Noord-Korea. Foto: Julietta Quinene

Quinene sê hul goewerneur, Eddie Baza Calvo, het vroeër Donderdag gesê hy is vol vertroue dat hulle die beste militêre mag in die wêreld het wat hulle teen enige moontlike missielaanval kan beskerm.

’n Amerikaanse lugmagbasis en vlootbasis is op die eiland gevestig.

Die Quinene-gesin doen darem tog so ’n bietjie meer moeite om gereed te maak vir ’n moontlike aanval. Hulle maak seker dat hulle ’n voorraad water het, asook ekstra batterye en genoeg medisyne. “Ons is voorbereid,” sê dié Matroosfontein-boorling oor haar lewe op Guam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.