28 Junie 19:33
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Wêreld
Robert Harward sê nee dankie vir Trump
Robert Harward Foto: Shawn Coolman, U.S. Marines, Reuters

Die man wat pres. Donald Trump van Amerika se keuse vir sy nasionale veiligheidsraadgewer was, het dié pos van die hand gewys.

Viseadmiraal Robert Harward is dié pos aangebied nadat Trump Maandag sy voorganger Michael Flynn afgedank het, omdat hy die adjunkpresident, Mike Pence, mislei het oor sy gesprekke met Rusland se ambassadeur na Amerika.

’n Amptenaar van die Withuis het Donderdag gesê dat Harward weens familie- en finansiële redes besluit het om nie die pos te aanvaar nie. Harward beklee ’n senior pos by Lockheed Martin.

Twee bronne wat van dié besluit bewus was, sê dat Harward ook teen Trump se aanbod besluit het, omdat hy sy eie span wou inbring. Dít is teenstrydig met Trump, wat reeds vir KT McFarland, Flynn se adjunk-raadgewer, gesê het sy kan aanbly.

Trump het blykbaar vroeër in die dag na Harward verwys op ’n nuuskonferensie, waar hy gesê het hy “het iemand wat [hy] dink fantasties vir dié pos sal wees”.

Trump het ook dit duidelik gestel dat hy Flynn gevra het om te bedank, omdat dié afgetrede luitenant-generaal nie heeltemal eerlik met Pence was oor sy gesprekke met Sergei Kislyak, die Russiese ambassadeur, nie.

“Hy het nie ons adjunkpresident behoorlik ingelig nie, en daarna het hy gesê hy het nie onthou nie. In albei gevalle was ek nie juis tevrede nie.” – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.