29 Mei 08:01
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Wetenskap
Mars-eksperimente in Atacama-woestyn gedoen

Navorsers kan nou ’n “chemiese skootrekenaar” en warm water inspan om op een van die droogste plekke op aarde na lewe te soek.

Nasa en verskeie kenners aan universiteite het dié eksperimente in die Atacama-woestyn in Chili gedoen. Die woestyn is ’n goeie model vir die oppervlak van Mars, omdat nuwe toerusting daar getoets kan word.

Nasa sê in ’n verklaring net die gehardste mikrobes lewe daar. Die landskap is onversteurd en blootgelê aan uiterste temperature en bestraling van die son.

Die “chemiese skootrekenaar” is een van die nuwe tegnologieë wat getoets is. Deur net ’n klein bietjie water by ’n monster te voeg kan dit vir aminosure, die boublokke van lewe, toets. Vloeistof-analise is meer sensitief as gasmetodes.

Die Atacama-woestyn in Chili is een van die droogste plekke op aarde en ’n goeie analoog vir Mars waar nuwe tegnologie getoets kan word. Foto: Nasa/JPL-Caltech

Wanneer ’n monster van Mars so getoets word, sal die aminosure vasgevang of chemies aan die minerale verbind wees. Om dít af te breek is nog ’n ontwerp gebou en aan die skootrekenaar gekoppel. Dit gebruik warm water om die aminosure vry te stel van die grondmonster, waarna dit ontleed kan word.

Volgens Nasa werk dit byna soos ’n teesakkie wat in warm water gesit word. Nie veel gebeur wanneer dit in koue water gesit word nie, maar in warm water word ’n kleur, reuke en smaak vrygestel.

Om aminosure vry te stel moet die water verhit word tot 200 °C sodat 17 aminosure nagegaan kan word. ’n Kleurstof word ingemeng, sodat dit met ’n laser raakgesien kan word, volgens die span.

Die volgende stap is om die monster in ’n mikroskyfie in te spuit, waardeur ’n stroomspanning gestuur word. Elke aminosuur reageer teen ’n verskillende spoed, wat help om elkeen te identifiseer.

Die gedagte is om alles wat in ’n laboratorium gedoen kan word, op ’n baie kleiner skaal te doen sodat dit op ’n ander planeet gedoen kan word deur net opdragte aan ’n rekenaar te gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.