23 Junie 22:43
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 10°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 39km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 10°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Wetenskap
Nuwe lig op omstrede ‘Hobbit-fossiel’
’n Kunstenaarsvoorstelling van die Homo floresiensis, met die bynaam “The Hobbit”, wat in 2003 op die eiland Flores in Indonesië gevind is. Die jongste navorsing toon dit is ’n susterspesie van Homo habilis van Afrika. Voorstelling: Katrina Kenny

Australiese wetenskaplikes het die omvattendste studie nog op die nou omstrede “Hobbit-fossiel” gedoen en hiervolgens nou sy plek op die menslike stamboom bepaal.

Die hominiedspesie Homo floresiensis is in 2003 op die eiland Flores in Indonesië ontdek. Dit het dadelik om twee redes wêreldwyd nuus gemaak: Die klein brein en liggaamsgrootte, byna soos dié van ’n pigmee, asook die feit dat hulle tot so onlangs as 20 000 jaar gelede dalk nog geleef het.

Verlede jaar is navorsing bekend gemaak dat dít onmoontlik sou wees en dié datum is tot sowat 60 000 jaar gelede teruggestoot, het Netwerk24 vroeër berig.

Kenners wat nuwe opgrawings gedoen het, het ook aangevoer dat hulle uit die hominiedspesie Homo erectus ontwikkel het.

Volgens die jongste navorsing wat Vrydag in die vaktydskrif Journal of Human Evolution bekend gemaak is, het dié hominied nie van Homo erectus afgestam nie. Maar is dit eerder ’n susterspesie van Homo habilis, juis omdat die “Hobbits” so klein is.

Dit beteken dat die “Hobbits” van Flores en Homo habilis (sowat 1,75 miljoen jaar gelede) ’n gemeenskaplike voorsaat uit Afrika gedeel het.

Met die studie is 133 datapunte van die skedel, kake, tande, arms, bene en skouers vir vergelykings gebruik.

Die navorsers het gesê hiervan is hulle 99% seker, asook 100% seker dat die hominied ook nie ’n misvormde Homo sapiens was, soos wat aanvanklik gedink is nie.

* Dit was wyle emeritusprofessor Phillip Tobias van Suid-Afrika, en Louis en Mary Leakey wat die eerste Homo habilis in 1962 tot 1964 in die Olduvai-kloof in Tanzanië ontdek en beskryf het.

’n Rekonstruksie van die skedel van Homo floresiensis wat op die Flores-eiland gevind is. Dit is die bynaam “The Hobbit” gegee omdat dié hominied so klein was. In nuwe navorsing is bevind dat dit moontlik ’n afstamming van een van die vroegste menslike voorsate van Afrika was.Foto: Stuart Hay

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.