26 Junie 19:08
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Wetenskap
Voorsaat van dinosouriër in Tanzanië gekry
’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n voorsaat tot die dinosouriërs wat 245 miljoen jaar gelede in Tanzanië geleef het. Dit het ’n lang nek en stert gehad en was tussen 2 m en 3 m lank. Foto: Gabriel Lio

’n Fossiel wat in Tanzanië ontdek is, het bewys die vroeë voorsate van dinosouriërs was groter as wat gedink is en het op vier bene geloop eerder as twee.

Dié werk op die reptiel (Teleocrater rhadinus) het onlangs in die vakjoernaal Nature verskyn.

Die eerste fossiele daarvan is in 1933 gevind, maar omdat belangrike bene van die skelet vermis was, kon ’n verband nie gevind word om te bepaal of dit nader aan die krokodildeel van die stamboom of aan dinosouriërs is nie.

Navorsers besig met die opgrawings van ’n voorsaat-dinosouriër, wat in Tanzanië gevind is. Dit is een van die ouer takke van dinosouriërs. Foto: Roger Smith

’n Internasionale span navorsers het na die suide van Tanzanië teruggekeer danksy geld van die Amerikaanse Nasionale Wetenskapstigting en nog fossiele is gevind.

Hulle het toe vasgestel T. rhadinus het in die fossielrekord verskyn kort nadat ’n groot groep reptiele van die voëltak geskei het.

Dié tak het tot die dinosouriërs gelei. ’n Ander tak het weer afgeskei om die krokodiltak te vorm.

Die spesie is dus lede van die vroegste tak van die voëltak (die archosaurs).

Die bou was lenig en hy het op vier bene geloop, eerder op twee soos daar aanvanklik vermoed is. Dit was tussen 2 m en 3 m lank, het vleis geëet en het ’n lank nek en stert gehad.

Die fossiel is 245 miljoen jaar oud.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.