19 Februarie 13:52
Kaapstad Verander Area

Sondag

22°C / 16°C

Wind 55km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

24°C / 16°C

Wind 39km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Dinsdag

26°C / 18°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Donderdag

25°C / 19°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Nuus
Eienaar van gastehuis se keel bykans afgesny
Marie Verwey

Die eienaar van die Villa Merwe-gastehuis in Paradyskloof, Stellenbosch, is glo meer as 22 keer met ’n skerp voorwerp gesteek.

Agt van die steekwonde was naby Marie Verwey (80) se keel wat volgens bronne bykans afgesny was.

Lede van die polisie se forensiese afdeling sowel as speurders verbonde aan die Stellenbosch-polisiekantoor se eenheid vir ernstige geweldsmisdaad het glo eers ná 00:00 Vrydag die deure van die moordhuis agter hulle toegetrek nadat hulle die huis vir leidrade gefynkam het.

Bronne het Vrydag gesê Verwey se lyk is in die sitkamer van die gastehuis wat sy bedryf het, gevind. Sy was in haar gunstelingstoel. Daar was glo geen teken van gedwonge toegang tot die huis nie. Haar noodknoppie was glo nog om haar nek. Dit is nooit gebruik nie.

Die huis was glo ook nie omgekrap nie. Net haar juweliersware is glo gesteel en die kluis is leeggemaak.

Bure van Verwey het Donderdag gesê hulle vermoed die moordenaar of moordenaars is iemand bekend aan Verwey omdat sy glo nie vir ’n onbekende persoon of iemand wat sy nie verwag het, uit haar stoel sou opstaan nie.

Verwey het met ’n loopraam geloop.

Haar huishoudster het Donderdag kort ná 12:30 by die huis aangekom nadat sy winkel toe was. Die voordeur was toegesluit.

Sy het Verwey glo probeer bel, maar het geen antwoord gekry nie. Sy het toe om die huis gestap en gesien die agterdeur en veiligheidshek is oop. Die huishoudster het die buurman gaan roep wat toe op Verwey se lyk afgekom het. Hy het die polisie gebel.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie.

Luidens die inskrywing op die gastehuis se webwerf het Marie en haar man, Stephen, die gastehuis vanaf 1995 bedryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.