27 Julie 00:24
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Buite
Hier vind jy vrede (en jouself)
Dit kan net nie anders nie. . . ’n klipaltaartjie by die rotsformasie aan die bopunt van die Oudebosch-na-Luiperdkloofroete is net ’n moet! Foto’s: Nadia Krige

Om na die berge te gaan, is om terug te keer huis toe. Só het John Muir, die welbekende Amerikaanse natuurliefhebber, omgewings-filosoof, wandelaar en skrywer in Our National Parks, sy verhandeling oor die VSA se natuurreservate, gesê.

In dié boek, wat in 1901 vir die eerste keer uitgereik is, beskryf hy hoe die moderne mens (reeds in toeka se tyd) oorbeskaafd en uitgeput is en dat die enigste hoop op genesing in die valleie en plato’s, rivierlope en strande van die wildste wildernisgebiede lê.

Nou, ’n tikkie meer as ’n eeu later, word hierdie wilde balsem vir ons sielswonde, hierdie broodnodige natuur-tuiskoms, meer begeerlik as ooit tevore.

Bomenslike heling

Vir my is die byna bomenslike heling nêrens anders so doeltreffend as in die Kogelberg-natuurreservaat nie.

Knus ingewikkel tussen die bekoorlike Overbergse kusdorpies van Bettiesbaai en Kleinmond, is hierdie versteekte vallei ’n wonderwêreld van ongereptheid en uitsonderlike biodiversiteit, soveel só dat dit as die hartjie van die Kaapse Blommeryk beskou word.

Hoewel bewaring die botoon voer met 18 000 ha van dié CapeNature-reservaat wat totaal wild gelaat is, kan besoekers van die R44 af op ’n netjiese tweespoorpaadjie koers kies die berge in, waar ’n skatkis van skilderagtige staproetes wag om ontdek te word.

Vol van natuur staan jy dan daar en jy kyk af na Bettiesbaai en jy sien weer kans vir die “beskawing”.

Die staproetes

’n 10 km lange wandeling langs die Palmietrivier bied stappers die geleentheid om in afgeleë swemgate te baljaar, terwyl die Kogelberg-roete jou rede gee om te spog wanneer 24 km se tawwe bergstap in een dag afgelê word.

Dit is egter die Oudebosch-na-Luiperdkloofroete wat my keer op keer sal terugroep.

Dis ’n kort maar belonende staptog wat deur so baie verskillende natuurtonele kronkel, dat dit omtrent voel of ’n mens tydsones oorsteek en nuwe dimensies betree.

Dalk gebeur laasgenoemde eendag wel . . . Met sy beginpunt in die Kogelberg-natuurreservaat en die eindpunt in Bettiesbaai se Harold Porter- botaniese tuin, vorm dit ’n brug tussen twee belangrike, maar uiteenlopende bewaringsgebiede – een waar wildernis koning kraai en die ander waar wetenskaplike noukeurigheid die natuur beskerm, bestuur en bestudeer.

Van die bopunt van die 6 km lange staproete neem Harold Porter se bekende sigsag-paadjie jou byna wiegend terug na die begin.

Moenie jou laat flous nie!

Die Oudebosch-staproete is net 6 km lank, maar moenie dat dié oënskynlik onbenullige afstand jou flous nie!

Uitgelê soos die kraai vlieg, stuur hierdie paadjie jou teen steiltes uit en jaag jou weer by kranse af waar jy plek-plek aan kettings moet vasklou om nie oor die afgrond te tuimel nie, maar beloon jou deurentyd met natuurskoon wat selfs ’n koelkop sal oorrompel.

Eindelose fynbosvlaktes, waar sewejaartjies in die briesie ritsel, smelt soomloos weg in ruie inheemse woude. Hier kabbel koffiekleurige stroompies onder die donkergroen blaredak vrolik voort . . . en skielik wag ’n stormloop versteende ongediertes, vermom as rotsformasies, jou uitdagend in!

Van naderby is hulle vriendeliker en nooi jou om by hul voete jou eie altaartjie te bou met die klipskerwe wat hulle oor die eeue afgeskud het.

As jy opkyk, besef jy skielik hoekom hulle juis hier vergader: Doer ver wink die Atlantiese Oseaan, koelblou en geheimsinnig mooi. Dit trek jou . . . eers na die bopunt van Luiperdkloof vanwaar Bettiesbaai se strande hul verleidelik uitstrek in die gaping tussen twee rotswande.

Die Oudebosch-na-Luiperdkloofroete neem jou deur ’n wonderwêreld van ongereptheid en uitsonderlike biodiversiteit.

Hart klop weer groen

En voor jy weet, staan jy op ’n kruin aan die bopunt van die botaniese tuin.

Van hier af neem die bekende sigsag-paadjie jou byna wiegend terug na die begin . . . na daar waar die alledaagse van die “gewone” mensdom weer wag.

Maar Oudebosch se ruwe skoonheid klop weer sterk deur jou are en die frustrasie en die gevare van die beskawing is weer ’n hanteerbare uitdaging en jy weet: Sodra jou groen polsslag flou raak, gaan jy maar net weer terug.

Weet dit:
  •  Die Oudebosch-na-Luiperdskloofroete kan slegs in een rigting gedoen word: van Kogelberg na Harold Porter. Dit is 6 km lank en neem tussen 3 en 4 uur om te voltooi. 
  • Omdat dit nie ’n sirkelroete is nie, moet stappers vooraf reëlings vir vervoer tussen Harold Porter en die Kogelberg-natuurreservaat tref. Albei het veilige parkeerterreine waar motors gelos kan word. 
  • Toegang tot die Kogelberg-natuurreservaat is R40 vir volwassenes en R20 vir kinders. As jy ’n WildCard het (wat CapeNature-reservate insluit), is toegang gratis. 
  • Die Kogelberg-natuurreservaat se kantore is daagliks oop tussen 07:30 en 16:00. Geen stap­permitte word ná 16:00 uitgereik nie. Die Harold Porter- botaniese tuin is daagliks oop tussen 08:00 en 17:00. Die hek word om 18:00 gesluit, so stappers moet seker maak hul aankoms in die tuin val binne hierdie ure. 
  • Die beste tyd van die dag om die roete te doen is vroegoggend wanneer fynbosgeure op die vars luggie sweef en die sagte lig elke blaartjie laat gloei. Dit gee stappers ook genoeg tyd om die natuurskoon ten volle te geniet. 
     Meer inligting by www.sanbi.org/gardens/harold-porter.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.