23 April 21:39
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Kos en Wyn
Dekadent is nie die woord nie
Die warm disse wat jy apart van die buffet kan bestel. Op die bord is daar gerookte varknek, beesfilet en kerriegarnale. Foto: Terésa Coetzee

Nog elke keer wat ek by die Four Seasons Westcliff-hotel in Johannesburg was, was ek opnuut verstom oor die dekadente luuksheid wat met dié hotel vereenselwig word.

Reeds wanneer jy by die imposante hek aan die buitekant aanmeld, word jy begroet deur absolute professionaliteit en gasvryheid.

’n Mens weet sommer dadelik waarom die hotel sy vyf sterre met trots dra.

Ek en my man het onlangs een Saterdag ’n laat ontbyt, vroeë middagete (brunch) by die hotel se Flames-restaurant gaan eet en dis ’n ervaring wat ek vir die res van my lewe sal onthou.

Stroopsoet kuns! Hierdie kleurvolle sjokolade-paaseiers is deel van die sjokolade emporium wat in die kelder aangebied word. Foto: Terésa Coetzee

Omdat ons vooraf bespreek het, het ons ’n tafeltjie vir twee met die heel mooiste uitsig daar op die kant van een van die terrasse gekry en net die uitsig opsigself sal jou na jou asem laat snak. As jy daar sit en oor die stad tuur, verstaan jy presies waarom daar gesê word dat Johannesburg by verre die boomrykste stad in die land is.

(Ons het selfs twee olifante gesien! Die Johannesburgse Dieretuin is net ver genoeg dat jy daar in die verte die olifante kan sien stap.)

Flames se brunch is heeltemal anders as enige ander buffet-ontbyt waarby ek al aangesit het. Buiten die dekadente tafels vol slaaie, soesji, warm groentegeregte, brode, fyngebak, kase, kouevleise soos carpaccio en salami, graankosse met muesli en jogurt, is daar ook ’n “warm” spyskaart met verskillende keuses van eiergeregte en jy kan ook vra dat die sjef vir jul tafel ’n bord berei met opsies soos beesfilet, hoenderdye, gerookte varknek en kerriegarnale wat saam met ’n klapperbasmatirys bedien word.

Dis groot porsies, maar op die spyskaart staan daar dat jy glad nie hoef te huiwer om vir nóg te vra as iets vir jou lekker is nie.

En dis nog lank nie al nie. Net oor die nagereg alleen kan ek ’n opstel skryf wat my matriekonnie se tone sou laat krul het van lekkerte. Vir nagereg het jy die keuses van tuisgemaakte wafels met draairoomys en ander vulsels, soos Astro’s, sjokoladesaagsels en noem maar op.

Hierdie hele unieke kunswerk is van sjokolade gemaak. Foto:

En tot 1 Mei is daar bowenal die sjokolade-emporium onder by die kelder waar jy jouself kan trakteer met ’n hele tafel vol sjokoladenageregte, soos sjokoladebruintjies, koeke, sjokoladekaaskoek en tafels vol sjokoladebonbons. Ek het nog net van so iets gedroom.

Daar is selfs sjokoladekunswerke wat jou tande sal laat water.

Gaste kan tot 16:00 smiddae aansit vir hierdie eiesoortige eetervaring en maak jou maar reg vir ’n uitgebreide affêre, waar die horlosie letterlik vir ’n paar uur stilstaan.

Hierdie uitstappie kos R595 per persoon en ja, dis nie goedkoop nie, maar die ervaring is regtig eintlik prysloos. Dis die perfekte plek om ’n spesiale okkasie te vier.

  • Die adres is Jan Smutsrylaan 67, Westcliff, Johannesburg. Bel 011 481 6000 vir besprekings.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.