21 Julie 12:29
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Kos en Wyn
Fijnwynfees gaan van krag tot krag
Riko Lourens (9) en sy ouboet, Naude (11), twee leerlinge aan die Laerskool Tygerpoort, verkoop “Blou Bul”-stokbrood by die Fijnwynfees.
Meer as 3 000 mense het die Fijnwynfees voorverlede naweek in Tierpoort bygewoon.
Ashley Jaftha en Lin-Mari Viljoen het die Viljoensdrift-wynplaas se stalletjie op die Fijnwynfees beman.

Tussen 500 pekanneut- en 200 aman­delbome het meer as 3 000 wynliefhebbers voorverlede naweek gesellig gekuier by die Fijnwynfees net buite Pretoria.

Dié fees op ’n plaas in Tierpoort, oos van Pretoria, is nou in sy derde jaar en lok besoekers van so ver soos Noordwes en Mpumalanga. Dit word twee keer ’n jaar gehou.

Verskeie kunstenaars, onder wie die sanger ­Kevin Leo, het die gaste heeldag vermaak waar hulle op piekniekkomberse of strooibalies en om gesellige tafels gekuier het.

Vir die kleinspan was daar perdritte en springkastele.

Wyne van 38 boetiekwynplase is ten toon gestel. Charmain Lourens, stigter van die fees, sê sy kies die 38 wynplase en 18 kosstalletjies versigtig om sodoende die fees uniek en spesiaal te maak.

Die Lourens-gesin het die plaas nege jaar gelede gekoop en ’n onthaallokaal vir tot 120 gaste, Shokran Events, daar gebou.

“Aanvanklik het dit begin as ’n manier om dié werkende plaas se Marokkaans-geïnspireerde onthaallokaal meer blootstelling te gee. Die fees het egter intussen ’n trekpleister op sy eie geword,” vertel sy.

Die onthaallokaal is oor naweke gesog vir troues, verjaardagpartytjies en spanbougeleenthede.

* Die volgende Fijnwynfees vind op 24 en 25 September plaas. Op 16 Junie en 30 Julie is daar egter kleiner, maar ewe lekker, feeste. Die Rooi Fijnwynfees op Jeugdag sal verskeie stalletjies met rooiwyne, port en kase hê, terwyl besoekers in Julie verskeie boetiekbiere sal kan geniet.

Kaartjies vir die feeste is beskikbaar by iTicket.co.za en kos R150 vir volwassenes en R50 vir kinders ouer as 12 jaar (kinders onder 12 gratis). Skakel 082 335 5659 vir meer of besoek fijnwyn.co.za of
shokran.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.