21 Februarie 16:17
Kaapstad Verander Area

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Donderdag

26°C / 19°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 29km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

21°C / 18°C

Wind 43km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Sondag

24°C / 16°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

23°C / 18°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Kos en Wyn
Hartskos: Hoenderslaai met bloukaas-mayonnaise
Hoenderslaai met bloukaas-mayonnaise. Foto: Verskaf

Hoender
4 hoenderborsies, ontvel en ontbeen
200 ml jenewer (gin)
400 ml tonikumwater
150 ml hoenderaftreksel
1 duim gedroogde naartjieskil
4 jenewerbessies
6 swartpeperkorrels
1 steranys
1 kardemomsaad, gestamp
1 knoffelhuisie, geskil

Broodblokkies
5 snye dagoue baguette, in blokkies gesny
genoeg olie vir vlakbraai

Slaai
1 pakkie vars roketblare
1 peer
2 selderystokke, geskil en gekap
1 pomelo, geskil en in stukkies gesny
handvol geroosterde makadamianeute
4 baba-komkommers, in kwarte gesny
handvol vars peulertjies
6 sprietuie, gekap
1 k platblaarpietersielie, gekap
½ k vars ment, gekap

Bloukaas-mayonnaise
3 eiergele
1 e Engelse mosterd
300 ml druiwepitolie
150 g bloukaas
swartpeper na smaak
sap van ½ lemmetjie

Metode
Hoender
Meng al die bestanddele behalwe die hoender in ’n swaarboompot.
Verhit tot kookpunt en laat dan afkoel sodat die geure kan ontwikkel (20-30 minute).
Verhit die posjeermengsel weer tot kookpunt, laat gly die hoenderborsies in, verwyder van die hitte en sit ’n deksel op die pot.
Laat staan vir ongeveer 15 minute totdat die hoender deurgaar, maar sappig is.
Verwyder die hoender uit die posjeermengsel, laat heeltemal afkoel en vlok in happiegrootte.

Broodblokkies
Verhit die olie in ’n pan.
Braai die brood in sarsies bruin aan alle kante.
Dreineer op kombuispapier.
Geur met sout en peper na smaak.

Bloukaas-mayonnaise
Plaas die eiergele in ’n voedselverwerker en klits teen hoë spoed.
Voeg die mosterd by terwyl die voedselverwerker aanbly. Meng goed.
Voeg die olie in ’n baie dun straal by terwyl die voedselverwerker die hele tyd aanbly.
Die mengsel sal emulsifiseer. Voeg daarna die bloukaas en peper na smaak by. Hou in die yskas.

Om voor te sit
Rangskik die hoender saam met die slaaibestanddele en broodblokkies op ’n opdienbord en sit voor met bloukaas-mayonnaise.

*Nuwe episodes van Hartskos wys elke Donderdag om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147). 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.