26 Junie 14:20
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Kos en Wyn
’n Verrassing skuil in elke wynbottel
Nero d’avola se donker kleur wanneer dit gereed is om geoes te word.

Deesdae lê veral die jongeres se lus by wat in die wingerd aangaan en wat daar geplant kan word. Dit het iets te doen met die globalisering van wyn. Maar ook ’n fyner lees van klimaat en grond – en dan ’n sensitiewer bewustheid van die mark, veral die een wat immer aan ’t ontwikkel is en hoe mode verander.

Om hierdie rede is die wynland van Suider-Afrika in hierdie dae ’n lappieskombers waar jy wyndruiwe van die mees uitheemse plekke kan naspoor. Inderdaad het die eienskappe van ’n unieke druifsoort (jammer, maar die anglisistiese “kultivar” werk nie vir my nie!) tot ’n fyner studie onder die nuwe geslag wynmense gelei.

Ons beveel aan

1. Merwida Barbera 2015 (R80)

Herinneringe aan Italië se heuwelwingerde in bekoorlike pruim- en naeltjiegeure

2. AA Badenhorst Sout van die Aarde Palomino 2015

Wonderlike “souterige” aard aan die delikate, ontsnappende geure en mondgevoel.

3. Dagbreek Tinta Amarela 2015 (R135)

Forse vrugtegeure, ryk en ruim dog sag en intrigant omdat dit so ongewoon is.

4. Lemberg Hárslevelü 2014 (R180)

Eksoties met perske en speserye-aromas, vol persoonlikheid en altyd delikaat.

5. Bosman Nero d’Avola 2015 (R150)

Sisilië s’n is ’n vakansiebelewenis. Hierdie een is so vars en verleidelik.

6. Overgauw Sylvaner 2016 (R120)

Appelkose, blomme en kruie wat die wyn ’n lieflike gespreksgenoot aan tafel maak.

7. B de Alexandria 2016 (R150)

Tipies Kaaps, maar ook anders, omdat die wyn so verfynd droog is. Lemoenbloeisels.

Hulle sal dalk baklei en filosofeer oor wat “terroir” is, maar elke wynmaker praat vandag van wat die wingerd aan die fyn kuns van wyn verskaf. En as jul druiwe persoonlikheid het, of goed met mekaar kan trou, waarom sou ’n mens nie kelderjeuk aanmoedig nie?

Maar dis natuurlik hóé die druiwe-immigrante hul geaardheid hier aanpas wat die avontuur in die bottel bestel.

Die laaste aantal jare het die vreemde name, danksy goeie vertroeteling van stokkiemense en so, al hoe meer op ons etikette verskyn.

Ten minste dra druiwe soos albarino, verdelho, tanat en barbarossa daartoe by om die kaleidoskoop van Kaapse wyn nog helder te laat skyn.

En dan is daar die plaaslike ou bekendes wat só uit die mode geraak het dat ons hulle amper vergeet het. Gelukkig het die geesdrif van die jonges ’n ding begin om daardie druifsoorte ’n nuwe kinkel te gee.

Wie onthou kurkdroë wyn van hanepoot? Of palomino wat nie in sjerrie omskep is nie? Die bakermat van die ou Kaapse wynkultuur.

Maar in die nuwe Kaapse wynwêreld woeker ons eweneens met die “vreemdelinge”.

Ons keuse vandag is om die nuwes en ongewones vir plesier en avonture aan te durf.

Druiwe-persoonlikhede

Sowel barbera as nero d’avola is rooi Italianers van oorsprong en karakter. Maar eersgenoemde kom van die verre noorde, Piëmont, en laasgenoemde van die verre suide, Sisilië.

Albei is ware “werkdruiwe” in die sin dat iedereen geduldig, algemeen en goed in die kelder tot voortreflike en aromatiese wyne verwerk kan word. Albei is veelsydig en tog uitdrukkings van waar die wingerde groei. Ons gaan met hierdie druiwe nog baie pret in die Kaapse wynlande hê.

Tinta amarela is Portugees, rooi en spesifiek van die Dão-streek en die Douro-vallei. Diegene wat die ouer Dão-wyne onthou, sal die heerlike parfuum dadelik herken.

Hárslevelü word net deur ’n Oos-Europeër reg uitgespreek. Dit is Hongaars, besonder aromaties en die grondslag van die beroemde tokajerwyne.

Janey Muller het dekades gelede op die landgoed Lemberg by Tulbagh met hierdie wit druif die avant-garde in die plaaslike wynlande gelei.

Ook sylvaner is ’n Europese wit druif met ’n lang geskiedenis – in Duitsland en die Franse streek Elsas, waar dit sterk terroir-eienskappe toon.

Overgaauw s’n, die enigste vandag op die wynlys, het ook ’n lang geskiedenis en driftige uitgesprokenheid.

Palomino is, soos die naam miskien suggereer, die gewillige wit werker wat die ganse sjerriekultuur van Jerez in Spanje eeue aan die gang hou.

In Suid-Afrika was dit ewe dienswillig totdat wynmense belangstelling verloor het. En toe het dit by die nuwe geslag weer byval gevind.

Hanepoot oftewel muscat d’alexandrie is so oud soos die Kaapkolonie en sekerlik die lekkerste druiwe om te eet. Soetwyn is, soos nagmaalwyn, deel van die plaaslike geskiedenis, maar net hier en daar is probeer om dit as ’n droë tafelwyn te produseer – in die jare sewentig in die eertydse Eersterivier-kelder en nou onder die Raats-kêrels.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.