28 Februarie 16:54
Kaapstad Verander Area

Woensdag

23°C / 17°C

Wind 31km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Donderdag

23°C / 17°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 74%

Maandag

22°C / 16°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Leef
Kyk, ek het self ook vet dae, sê Leandie
Leandie du Randt Bosch, bekend vir haar rol as Ivanka in Binnelanders, sal eersdaags vroue bemagtig met ’n reeks motiveringspraatjies in Kaapstad, Johannesburg, George en Port Elizabeth.

Vrouwees beteken dat jy vreugde uitstraal. Dít is die les wat Leandie du Randt Bosch vir vroue oor die land heen wil bring – en wat sy self nog leer.

“Ek glo vroue is gemaak om vreugde te bring, maar om dít reg te kry, moet dit vir jou lekker wees om jouself te wees,” borrel Leandie, onder meer bekend vir haar rol as Ivanka in Binnelanders. “Dit help nie jy doen alles en lyk die heeltyd mooi, maar jy is uitgebrand en kla aanhoudend nie.

“Die een groot les wat ek geleer het, is dat jy jouself nie met ander vroue kan vergelyk nie. Niemand van ons het dieselfde drome en seer nie.”

Met dié universele les wil sy saam met die sangeres Irene Louise van Wyk vroue in Kaapstad, Johannesburg, ­George en Port Elizabeth deur ’n reeks motiveringspraatjies bemagtig.

“Kyk, ek het self ook vet dae – en mense sê ek kan nie vet dae hê nie omdat ek nie vet is nie, maar natuurlik is daar dae wat ek vet voel, en dan voel ek so skuldig dat ek hieroor preek en self negatief raak.

“Op dié dae gaan ek net back to basics: ek sit met pen en papier, of my selfoon as daar nie papier is nie, en ek maak ’n lys van tien dinge waarvoor ek dankbaar is. Dan besef ek hoe belaglik ek is, want dit is so maklik om tot by tien te kom.”

Sy kweek al ses jaar lank die gewoonte van dankbaarheid. “Dit is iets waaraan jy moet werk, maar ek verduidelik meer van dié leefstyl in my praatjies. As ’n voorbeeld, as my motor se wiel pap is, kan ek kies om dankbaar te wees dat ek ’n motor het, en dat ek ’n man en vriende het wat ek kan bel om te kom help.”

Die vorige geslagte het nie tienerkwessies soos boelies en eetsteurnisse bespreek soos nou nie.

Vir vroue wat ná trauma weer opgestaan het, het sy hope ­respek, veral ná haar rol as Emma le Roux wat in die rolprent Jagveld om oorlewing moet veg.

“In dié rol het ek besef hoe ongelooflik erg dit moet wees om in gewelddadige situasies te wees, soos om verkrag te word. Ek het baie deernis vir vroue wat daardeur is. Ek het my ma aan die dood afgestaan, maar pyn bly relatief. Elkeen se grootste hartseer is geldig.”

Dit is ook belangrik om ’n netwerk van ondersteunende vroue aan jou sy te hê in die moeilike tye, sê sy. “Ouer vroue het baie wysheid, en jy moet jou omring met mense wat nie geniepsigheid kweek nie. Vroue dink dit is ’n teken van swakheid om na ander uit te reik. Inteendeel, dit maak jou sterker om weerloos te wees en hulp te vra.”

Haar boodskap in haar boek, Gemaklik in jou eie lyf, is op tieners gemik, maar enige vrou kan aanklank daarby vind. “Baie van my praktiese voorbeelde kom uit ’n skoolkonteks, maar ’n tannie van 87 jaar het al vir my kom sê my praatjies het haar gehelp. Die vorige geslagte het nie tienerkwessies soos boelies en eetsteurnisse bespreek soos nou nie; vir sommige vroue bied dit die kans om nou dié probleme te verwerk.”

Leandie se praatjies is op die volgende datums:

  • 18 Maart om 09:00. Die Hoërskool Durbanville-ouditorium.
  • 25 Maart om 19:30. Emperors Palace in Johannesburg.
  • 22 April om 10:00. Die Eden-gemeente in George.
  • 27 Mei om 19:30. Die Boardwalk-casino in Port Elizabeth.

* Kaartjies vir Johannesburg, Kaapstad en Port Elizabeth kos R140 by Computicket.
* E-pos corrie@edengemeente.com vir kaartjies in George.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.