25 Maart 21:40
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Leef
Kyk: Mej. Namibië kom skud vere in Suid-Afrika reg

Met Namibië se natuurskoon en “baie potensiaal” wil ’n jong vrou binnekort op een van die wêreld se grootste verhoë wys dat haar tuisland nie ’n “primitiewe” Afrikaland is nie.

Lizelle Esterhuizen (20), Mej. Namibië, vertrek vroeg in die nuwe jaar na die Filippyne om aan die Mej. Heelal-kompetisie te gaan deelneem en sy borrel van opgewondenheid.

Sy is vir die volgende twee weke in Bloemfontein om saam met Casper Bosman, wêreldbekende ontwerper, voor te berei vir dié kompetisie.

Op bene wat haar 1,85 m hoog laat staan en ’n skitterglimlag, praat sy met trots en liefde van Namibië.

“Ek dink baie mense van oor die wêreld heen het ’n wanpersepsie van lande in Afrika soos Namibië,” sê sy.

“Mense weet min van ons lande. Daarom wil ek graag die kompetisie gebruik om vir hulle te wys watter land ons regtig is en te help om Namibië ook verder te bevorder.”

Dié model van Windhoek is in haar derdejaar van studie in onderwys deur afstandsonderrig van die Institute for Open Learning (IOL).

Lizelle wil graag Namibië op ’n groter verhoog verteenwoordig en mense wys dat dit nie ’n primitiewe Afrikaland is nie.Foto: Mlungisi Louw
Lizelle Esterhuizen, Mej. Namibië.Foto: Mlungisi Louw
Lizelle Esterhuizen is twee weke lank in Bloemfontein vir voorbereidings vir Mej. Heelal op 30 Januarie.Foto: Mlungisi Louw

Sy dink sy kan in die voetspore van Michelle McLean (Mej. Heelal 1992) en Steffi van Wyk (Mej. Namibië 2015, wat die sportafdeling by Mej. Wêreld gewen het) volg.

“Hulle het klaar die pad begin oopmaak, so nou kan ek net verder daarop bou.”

Die rede waarom sy eerder aan Mej. Heelal deelneem as aan Mej. Wêreld, is omdat sy meer op haar skoonheid wil fokus.

“Ek is baie trots op my lang en lenige lyf. Ek voel dit is wat my laat uitstaan. Daarom dink ek Mej. Heelal is die beste opsie van die twee.

“Net nadat ek as Mej. Namibië gekroon is, het mense my aanbeveel om eerder aan Mej. Heelal deel te neem.”

’n Deel van die kopstuk wat Lizelle Esterhuizen met haar nasionale uitrusting by Mej. Heelal sal dra. Casper Bosman het haar hele klerekas vir die kompetisie ontwerp, asook die nasionale uitrusting wat die Namib-woestyn en die diamante wat in Namibië ontgin word, voorstel.Foto: Mlungisi Louw

Sy sien uit daarna om haar teen die ander meisies in die kompetisie te meet.

“Dit waarna ek die meeste uitsien in dié twee weke van voorbereiding, is om te sien dat ek kán. Elke meisie het dit in haar.

“ ’n Mens twyfel maar ’n bietjie wanneer jy na die Latyns-Amerikaanse meisies kyk waarteen jy moet deelneem, want hulle is so pragtig. Maar so kry ’n mens ook meer selfvertroue, want jy’s tussen die wêreld se mooistes.”

Die rede waarom sy in Bloemfontein kom voorberei, is om naby groot name soos Casper Bosman en Rolene Strauss te wees.

“Ek ken vir Casper al lank. Nadat ek gekroon is, wou ek graag by hom leer hoe om my klerekas reg te ruk, my grimering te doen, my lyf mooi te gebruik en te stap. Ek glo hy is die regte mens om my daarmee te help.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.