27 April 18:40
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Leef
‘Mense kan rêrig êrig vlieg’
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Vandag se oumas is byna onherkenbaar. Hulle blog, WhatsApp en Facebook. Hulle rits oorsee rond, het prentjienaels en doen “make-overs”. Jy kan ook nie die verskil sien tussen ma en ouma nie, want hulle lyk ewe jonk.

Moenie my verkeerd verstaan nie, daar is niks mee fout dat hulle so dinamies en mooi is nie. Maar saam met die verdwyning van oumas wat na laventel ruik, grys bollas dra en sagte pienk wangetjies het, verloor ons ’n hele geslag wat anders geleef het, die lewe anders geken het en selfs ’n oorlog of twee deurgemaak het.

Hulle het die wonderlikste stories om te vertel wat ’n moderne kind, gebore met ’n slimfoon in die hand, nooit sal verstaan nie. Ons moet daardie stories neerskryf, want dis die soort wat jy nie self kan uitdink nie.

Jy gaan baie spyt wees as jy nie genoeg geld het vir die kerkbasaar nie.

Martie se geld ‘groei’

Ouma Martie was die middelste van 13 kinders, ja 13! Hulle het op ’n plaas gebly en al die kinders het saam geboer. Dit was baie harde werk wat so tussen die skoolgaan deur gedoen is, maar daar was darem tyd vir kattekwaad ook.

Klein Pieter was so drie jaar ouer as sy en ’n regte rakker. Eendag, in 1929, kry hulle elkeen ’n paar pennies vir Kersfees – baie geld in daardie tyd om ’n groot sak lekkergoed mee te kon koop.

“Martie, wil jy jou geld sommer baie meer maak?” vra vyfjarige sussie een oggend. Sy knik toe haar kop instemmend en hy wys sy moet saamkom groentetuin toe. Daar gekom trek hy met ’n stok ’n lang streep naby die kraan. “Jy moet al in hierdie streep langs met jou vinger ’n gaatjie in die grond druk, so ses duim uitmekaar, dan sit jy ’n pennie in elke gaatjie en krap dit weer met grond toe.”

Martie het hom lank aangekyk en kon nie besluit of dit die waarheid is. “Toe, toe,” het hy aangepor. “Jy gaan baie spyt wees as jy nie genoeg geld het vir die kerkbasaar nie.”

Martie begin toe plant en daarna word sy gewys hoe om dit met die gieter nat te gooi. Met die opdrag dat dit elke aand dieselfde tyd moet water kry, stap hulle aan huis toe.

Martie het elke aand haar geldjies gaan natlei. Een week is verby, toe twee en ná die derde een, met niks wat opkom nie, grou sy die ry oop om te kyk wat aangaan.

Natuurlik was daar niks en sy besef toe wat gebeur het. Sy het huilend na haar ma toe gehardloop om te vertel hoe Pieter haar geld gesteel het.

Pieter het ’n liederlike drag slae gekry, maar nie so groot soos die een twee maande later nie.

Lug jou arms op, so ja, en as ek sê spring, dan spring jy.

En toe ploeg Martie in die grond in . . .

Pieter en Martie het op die stoor se dak gesit. “Het jy geweet mense kan ook vlieg?” vra hy slim. Sy swaai haar kop heen en weer. “Ja, dis rêrig êrig. Kom staan hier by my, ek gaan jou wys wat om te doen.”

Martie gaan staan toe op die punt van die dak. “Lug jou arms op, so ja, en as ek sê spring, dan spring jy so ver jy kan en swaai jou arms vinnig op en af. Jy behoort tot by die dam te kan vlieg voordat jou arms moeg raak. Ek sal soontoe hol en jou daar vang as jy afkom,” lieg hy seepglad en met ’n harde “een twee drie” wat oor die werf weergalm, spring die arme Martie en ploeg met wilde, swaaiende arms reguit in die grond in.

Sy het roerloos daar gelê en nie eers gekreun nie. Martie het ná ’n week eers bygekom en nog twee maande in die hospitaal gebly. Daar was net te veel frakture wat moes herstel.

Sy kon ná ’n jaar eers weer ordentlik traporrel speel en het so in die stilte ’n vreeslike haat vir haar boetie ontwikkel.

Pieter kon natuurlik weke lank nie ordentlik sit nie en is belet om ooit weer met sy jonger sussie te speel.

Wraak is egter ’n wondersoete ding. Jare later sit Pieter by die opsitkers – ’n bankie op die stoep – en hulle is alleen terwyl die twee families binne kuier.

Irma de Klerk.

Nietemin het Martie deur die venster gehang en hulle aangegaap. “Ag nee, skoert man, Martie!” het Pieter moedeloos gesug.

Hoe gaan hy ’n soentjie gesteel kry met ’n agie het wat loer? “Ek sê jou wat, as ek vir Trudie kan wys wat ek beter as jy kan doen, sal ek loop,” antwoord sy toe vermakerig.

“Orraait, orraait,” kom dit toe van hom en soos blits staan Martie voor haar broer. Voordat hy nog kan vra of sy dan nie ietsie op die traporrel gaan speel nie, haak sy af en klap hom dat sy neus begin bloei.

“Dit is wat ek beter as jy kan doen, jou sissie!” het Martie hom met genoegdoening toegesnou en hoogs in haar skik weggestap.

Sy het jare gewag om hom terug te kry en wat is nou erger as om voor ’n meisie verneder te word? Niks, net mooi niks.

* Die rolprent Vir die voëls is op Irma en haar man, Sampie, se liefdesverhaal gegrond.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.