18 Augustus 22:13
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Leef
'Millenniërs het te veel gehoor hulle is spesiaal'

'n Opname van 'n onderhoud met die Brits-Amerikaanse skrywer, motiveringspreker en bemarkingskonsultant Simon Sinek wat in Oktober 2016 op YouTube gelaai is, is intussen 5,589,781 keer gekyk. 

In die onderhoud met Tom Bilyeu van Inside Quest, gesels Sinek oor millenniërs in die werkplek. 

"Milleniërs is klaarblyklik 'n groep mense wat ná 1984 gebore is en moeilik is om te bestuur," sê hy. "Hulle word daarvan beskuldig dat hulle selfgeregtig en narsisties is, slegs in hulself belangstel en ongefokus en lui is. Selfgeregtigheid is die groot een."

Hy sê dat millenniërs bestuurders verwar, wat tot gevolg het dat leiers sal sê: "Wat wil julle hê?"

"Die milleniërs se antwoord op hierdie vraag is dat hulle iewers wil werk waar hulle 'n doel het, waar hulle 'n impak wil maak, waar die kos gratis is en hulle op boontjiesak-stoele kan sit. Hulle word dan van al hierdie dinge voorsien, maar is steeds nie tevrede nie. En dit is omdat daar iets kortkom."

Eintlik, kan dit in vier dele opgedeel word, naamlik ouerskap, tegnologie, ongeduld en omgewing, sê Sinek.

"Te veel van hierdie generasie het grootgeword onder 'mislukte ouerskapstrategieë' waar hulle altyd gehoor het hoe spesiaal hulle is. Hulle is onder die indruk gebring dat hulle enigiets kan hê, bloot omdat hulle dit wil hê. Sommige van hulle het A's gekry wat hulle nie verdien het nie, omdat die onderwysers nie kans gesien het vir die ouers nie. Sommige kinders het medaljes gekry vir deelname, medaljes omdat hulle laaste gekom het. Soos ons weet neem dit die waarde van die medalje weg van die wat werklik hard werk en stel dit die persoon wat laaste kom in die verleentheid omdat hy nie werklik die medalje verdien het nie. Dit laat die verloorder selfs slegter voel."

As hierdie groep mense gradueer, begin werk en die grootmenslewe moet aandurf, vind hulle baie vinnig uit dat hulle nie spesiaal is nie en dat hul ma's nie vir hulle bevordering kan beding nie, dat jy niks kry as jy laaste kom nie en dat jy niks kan kry net omdat jy dit wil hê nie, sê Sinek.

"Hul selfbeelde word in 'n kits vernietig. Uiteindelik het ons 'n hele generasie met 'n laer selfbeeld as die voriges."

Kyk hier na Sinek se verduideliking van die ander drie dinge wat volgens hom by millenniërs kortkom:

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.