22 Augustus 20:30
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Leef
Moenie op jou werkrekenaar hierna soek nie

Jy wil nie die persoon wees na wie almal verwys om nuwe personeel te waarsku nie. Daai ou wat uitgevang is toe hy verbode vrugte op die internet gesoek het of sy eie onderneming by die werk bedryf het nie.

Wanneer jy by die werk op jou rekenaar is, kan jou werkgewer kyk na die meeste dinge waarmee jy besig is.

“Moet nooit aanneem dat dit genoeg is om jou geskiedenis af te vee nie,” sê Michael Kerr, ’n internasionale sakespreker. “Die meeste IT-afdelings kan steeds rekenaargebruik monitor en is baie bewus van soektogte wat verdag lyk.”

Met hierdie inligting in gedagte, is hier ’n paar soektogte wat jy moet vermy:

Pornografie of seksuele webtuistes.

Hoewel dit vanselfsprekend lyk, maak mense hul steeds hieraan skuldig. “Van onderwysers op die skool se skootrekenaars tot by politici sien ’n mens hierdie kwessie dikwels in die media,” sê Kerr. “As jy nie afgedank word nie, sal jy minstens in ’n posisie geplaas word wat jou baie verleë laat voel.”

Hoogs vertroulike inligting binne jou eie maatskappy.

As jy weet dat daar sekere dinge is waartoe jy om ’n spesifieke rede nie toegang het nie, moenie probeer om toegang te bekom nie,” sê Kerr. “Jou IT-afdeling sal sonder twyfel daarvan bewus wees as jy toegang probeer bekom tot ’n gebied waar jy nie hoort nie.”

Webtuistes wat verband hou met ekstra werk.

As jy ’n ekstra inkomste verdien, moenie toelaat dat dit met jou voltydse werk inmeng nie. “Wees baie versigtig om webtuistes te besoek wat nie normaalweg vir jou werk gebruik word nie,” sê Kerr. “Baie mense is al afgedank omdat hulle hul eie ondernemings in iemand anders se tyd bedryf.”

Webtuistes met ander werk.

Moet nooit jou werkrekenaar gebruik om ander werk te soek nie. Selfs wanneer jy baie ongelukkig is in jou huidige posisie, neem jy ’n groot risiko. “As jy gevang word dat jy by die opposisie werk soek, mag kwessies soos sekuriteit en vertroulikheid ter sprake kom,” sê Kerr.

Webtuistes oor partytjies, troues en vakansies.

Geen werkgewer sal dit waardeer as jy jou werktyd op persoonlike aktiwiteite spandeer nie. Om hierdie rede is webtuistes oor partytjies, troues en vakansies so uit soos wors in ’n hondehok.

Oormatige, algemene soektogte.

“Hou die tyd en hoe gereeld jy aanlyn is in gedagte,” sê Kerr. “Min werkgewers sal vreeslik begaan wees as jy vinnig kyk wat gisteraand se sportuitslae was of hoe die aandelemark vaar, maar as jy die grootste deel van jou dag op soektogte spandeer wat nie met werk verband hou nie, mag jy jouself in ’n moeilike posisie bevind.”

* Bron: The Independent

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.