29 Maart 23:03
Kaapstad Verander Area

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Vrydag

18°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 14°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Leef
Nuwe taxidiens-app vir kinders werk goed
Zum is spesifiek op die behoeftes van skoolkinders en hul ouers gemik.

Op enige weeksdag in die skoolkwartaal sal jy op voorstedelike paaie ’n swetterjoel ma’s (en hier en daar ’n pa) agter die stuur sien wat hul kinders heen en weer karwei om betyds vir alles van ekstra wiskunde tot ballet- en perdryklasse te wees.

’n Saamrygroep kan dinge vergemaklik, maar net as ’n mens die reëlings daarvan kan regkry. En baie ouers sal bereid wees om te betaal vir só ’n diens, of hoe?

Inderdaad, en dit is waarom presies sulke dienste reeds in Kalifornië die krag van slimfone hiervoor inspan. Soortgelyk aan die taxidiens Uber, maar wat spesifiek op die behoeftes van skoolgaande kinders en hul ouers gemik is.

Twee van hierdie dienste is Shuddle (shuddle.us) en Zum
(ridezum.com), wat albei helaas nog nie by ons beskikbaar is nie.

Die sakemodel van die tipiese onderneming in die deelekonomie werk nie noodwendig in Suid-Afrika nie, want die nodige skaal en aantal avontuurlustige verbruikers ontbreek dikwels. Maar, soos wat die Kaapstadse onderneming Rentmyride (rentmyride.co.za) besig is om te wys, kán dit gedoen word.

Dié diens is geskoei op ’n model wat baie goed in Amerika en Wes-Europa werk. Peter Puren, stigter en uitvoerende hoof van Rentmyride, sê byna 50 motors is al op sy webwerf geregistreer, en dit groei stewig. Baie van dié eienaars bedryf dit as hul eie klein huurmotoronderneming van die huis af.

Terug by die kinders: Zum is die nuutste van die twee Amerikaanse dienste. Waar Shuddle nie passasiers jonger as agt jaar aanvaar nie, sal Zum hulle so jonk as vyf jaar rondry en hul motorbestuurders sal boonop as oppassers diens kan doen. Ouers kan saamry as hulle wil.

By albei dienste moet voornemende motorbestuurders eers ’n streng keuringsproses ondergaan, wat insluit dat hulle ’n sekere aantal jare al hul rybewys moet hê en geen misdaadgeskiedenis het nie.

Zum se bestuurders mag nie jonger as 21 wees nie en moet onder meer drie jaar ervaring hê van werk met kinders. Hulle moet hul eie motor gebruik, en dié mag nie ouer as ’n 2009-model wees nie, dit moet in ’n “baie goeie toestand” wees en word gereeld geïnspekteer.

Slaag jy die keuring, kan jy tussen $30 en $35 per uur (byna R600) verdien, sê Zum. Glad nie ’n slegte inkomste vir die bestuurder nie, maar ook nie goedkoop vir die ouers nie.

Kommunikasie tussen Zum en ouers sowel as betaling gebeur alles via die Zum-app, so dié gerief gaan jy moeilik kan klop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.