22 Augustus 20:30
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Leef
Tiekiebokse en ’n spinnekopnes op die kop
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

“Kyk my mooi nuwe foon!” roep ’n vriendin anderdag trots uit. Sy hou albei haar hande vorentoe en ’n groot, ronde, vet, bloedrooi gedoente begroet my.

Die huisfoon dateer uit die 1970’s en is deesdae ’n ernstige item onder versamelaars. Die mees gesogte kleur is rooi en dit is ook die moeilikste om in die hande te kry.

Vandag se jongklomp sal nooit eers hulself kan indink hoe die lewe voor selfone was nie.

Toe ek ’n kind was, het ons die slingersoort gehad, teen die muur gemonteer. Jy het die arm ’n draai of twee gegee, die gehoorstuk opgetel en gewag dat die sentrale jou vra watter nommer hulle moet skakel.

Vir langafstandoproepe moes jy lank voor die tyd ’n lyn bespreek en dan het hulle jou ’n kort luitjie gegee en deurgeskakel op die afgespreekte uur.

Hulle kon alte lekker enige oproepe afluister, daarom het mense wat by die sentrale gewerk het altyd alles van almal geweet.

As jy nuus van die Grens af wou kry tydens die Bosoorlog, moes jy maar wag vir ’n brief. Natuurlik ook vreeslik gesensor, maar die belangrikste sinne is van die swart blertse gespaar.

Daar was egter tye wat ’n troep net eenvoudig te veel verlang het en dan was plan gemaak.

Sampie vertel dat hy soms ná aandete na die seinkamer toe gesluip het. Vir die prys van ses biere het hy buite gestaan en dan is die gehoorstuk deur die venster aangegee en kon hy vir ’n kosbare paar minute met sy familie praat. Om daardie stemme te kon hoor was dikwels die brandstof waarop menige troep vir weke kon funksioneer.

En, wat kan ’n mens nie alles van ’n tiekieboks vertel nie! Hulle was oral, op die straathoeke, in hotelvoorportale, op die stasieperronne, by skole, oral.

Dit was die ou dae se “pay as you go”. Jy moes eers geld ingooi voordat die sentrale jou deurgeskakel het na die nommer wat jy wou bel en as jou tyd op was, moes jy eers weer by die foon se gleufie geld ingooi voordat jy verder kon praat.

Legendaries was natuurlik die “gypo-tiekie”. So genoem, want jy het gemaak asof jy geld ingooi, maar eintlik vreeslik gekroek. Die truuk was ’n 5c-stuk met ’n baie klein gaatjie en ’n stuk garing of fyn vislyn daardeur geryg.

Daar sit Edward toe steeds in die belkamer en hy lyk naar.

Jy het dan die garing aan die een punt goed vasgehou, die 5c-stuk in die gleufie gegooi en gewag totdat jy hoor dit maak ’n krr krr krr-geluid soos geld wat deurval na onder in die bussie.

Dan pluk jy vinnig die geld weer uit voordat dit heeltemaal deur is. Gesoute bellers het ure se oproepe so gemaak en was so heilig op hul “gypos” dat hulle dit nie maklik uitgeleen het nie.

In die seunskoshuis was daar so ’n tiekieboks, ingerig in ’n aparte kamer waar jy die deur kon toetrek om ongestoord met jou ma of meisie te praat.

Die res moes in ’n lang ry in die gang staan en wag. Daar was ook ’n rangorde en natuurlik het die standerd-sessies heel laaste hul beurt gekry.

Op een so ’n aand gebeur daar toe ’n vreeslike komieklike ding in dié kamer. Die drie laaste manne kon net betyds klaar bel voordat die studieklok lui.

“Edward, sit neer die foon, die matrieks gaan ons looi as hulle ons hier vang tydens studie!” Met die woorde begin hulle sommer drafstap studiesaal toe.

Almal is daar behalwe Edward en die oomblik toe die koffiebreek se klok lui, gaan soek die twee hul maat.

Daar sit Edward toe steeds in die belkamer en hy lyk naar. Voor hom staan ’n reuseblik gom met die deksel af en terwyl hy deurmekaar prewel “vrek julle spinnekoppe, vrek!” gooi hy handevol na die muur.

Duidelik het hy te veel walms ingekry en was hy op die moeder van alle beswymings. Sy hare was besmeer, sy klere het aanmekaar geklou en sy skoene het aan die grond vasgesit.

Irma de Klerk.

Terwyl die nuwe koshuis gebou is, is van die toerusting in die belkamer gestoor. Edward was natuurlik te nuuskierig en hy wou, nadat almal uit is, seker gou snuif om te voel of gom jou rêrig op ’n trippie kan sit.

Met so ’n groot blik se sterk walms het hy hom natuurlik lelik misreken en die drogbeelde teen die muur was die getuie.

Wat ’n gemors was dit nie om die mure skoon te kry nie. Die klere het in die drom beland en ’n geheime, middernagtelike skeersessie het vir die hare gesorg.

Alles met groot versigtigheid, want behoed jou as die matrieks snuf in die neus kry!

Wanneer die ander kinders in die daaropvolgende dae oor die skielike poenskop uitgevra het, was die vriende se gevatte antwoord elke keer: “ ’n Spinnekop het nesgemaak in sy hare!”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.