23 Augustus 13:53
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Motors
Besef dit: Jul planne werk nie
Marnus Hattingh

Op die bladsy langsaan het ons die amptelike padsterftesyfers vir 2016, soos pas deur die padverkeersbestuurskorporasie bekend gemaak, in grafika uiteengesit.

Kyk na die opsommings en die syfers – daar is baie – maar probeer veral ’n indruk vorm van die verhouding tussen die onderskeie kategorieë. Dit is een van die vertrekpunte waarby ons moet uitkom as ons ’n oplossing vir hierdie hoë syfers vorentoe wil vind.

Verlede jaar het 14 071 mense op Suid-Afrikaanse paaie gesterf. Dit is ’n kommerwekkende styging van 9% teenoor 2015 se totale padsterftesyfer (12 944).

Maar hier is vir my die eerste rooi uitroepteken: Aanvanklik, sedert 2006 se akute syfer van 15 419, was daar ’n stelselmatige afname in jaarlikse padsterftes. Trouens, vier jaar gelede, in 2013, het die syfer selfs tot onder die 12 000-kerf gedaal (11 844).

Maar toe begin dit weer styg, stelselmatig ál hoër, sodat verlede jaar se syfer nou weer die hoogste koers is in amper tien jaar.

Wat sê dit vir ons? Ek sien kommerwekkende tendense.

Ondanks talle jaarlikse “aksies” en selfs dreigboodskappe tot strenger optrede vanuit owerheidskant, word geen noemenswaardige duik in die sterftesyfer gemaak nie. Trouens, dit styg die afgelope vier jaar.

Die talle aksies (soos gesien oor die Paas- en Kersvakansies) is dus onsuksesvol.

Helaas, geen ongewone gesig op Suid-Afrikaanse paaie nie. Die jongste padsterftesyfers vir 2016 wys ons maak geen vordering nie.

Kyk na die linkerkantse sirkeldiagram. Voetgangers, die grys area, maak ’n onbehoorlike groot persentasie (38%) van die algehele padsterftesyfer uit.

Hierteenoor speel spoed (14%), bestuur onder die invloed (4%) en moegheid (2%) ’n veel kleiner rol in sterftes.

Dit is egter hierdie sagte teikens (met ’n klein bydrae tot die algehele syfer) waarop die owerhede tans hul optredes fokus, met spoedkameras ’n gunstelingmetode.

Die logiese afleiding dus: Sou dit nie loon om eerder op die olifant in die vertrek, voetgangers op paaie, te fokus nie?

Hoewel Gauteng die hoogste bydraer tot die sterftesyfer is (19%), is sy per capita-bydrae veel kleiner, aangesien die provinsie die meeste mense en voertuie binne sy grense bevat.

Die ware fokus vanuit nasionale kant moet dus eerder op die tweede grootste bydraer, KwaZulu-Natal (19%), wees. Met ’n kleiner inwoner- en motortal (as Gauteng) is dié provinsie se bydrae buite verhouding.

Strenger optrede en beter wetstoepassing moet dus hier plaasvind.

Maar dit bring ’n mens by die laaste punt: ondoeltreffende wetstoepassing. Met beter wetstoepassing sal die nasionale syfer veel beter daar uitsien.

Anekdoties was die 19%-bydrae vanuit KwaZulu-Natal te wagte. Hou maar die daaglikse nuus op die internet dop. Daar is gereeld berigte van minibustaxi’s wat in ongelukke betrokke is, met noodwendig ’n groot getal sterftes per ongeluk.

Die oorsaak van die ongelukke – onverskillige bestuur – is werklik iets wat voorkom kan word.

Maar dit bring ’n mens by die laaste punt: ondoeltreffende wetstoepassing. Met beter wetstoepassing sal die nasionale syfer veel beter daar uitsien.

In dié opsig het die Johannesburgse metropolisie pas aangekondig dat hy nog beamptes in diens gaan neem, terwyl Kaapstad dieselfde gaan doen.

Meer sigbare polisiëring is ’n eerste stap om oortreders óf te verhoed om kanse te vat óf om hulle in hegtenis te neem.

Oorsese sigbare polisiëring behels ook die aftrek en inlig van motoriste sou daar gevaarlike gedrag waargeneem gewees het.

Kom ons hoop die statistieke help bring die owerhede tot besinning om hul huidige strategie aan te pas.

Sigbare polisiëring behels dus nie net die vang en straf van motoriste nie.

Dit kan ook ’n opleidingsrol speel oor waarom jou gedrag gevaarlik vir ander is.

’n Mens besef munisipaliteite benut die winsmotief – die tradisionele spoedkamera in ’n 60-sone – om hul stadskoffers te help styf. ’n Beampte (of kamera) agter ’n bos gaan egter nie positiewe gedrag help aanwakker nie. Inteendeel.

Effektiewe vervolging is die laaste koeël in ons arsenaal. Motoriste moet weet daar is gevolge sou hulle gevang word.

Kom ons hoop die statistieke help bring die owerhede tot besinning om hul huidige strategie aan te pas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.