Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Motors
Die nuwe Wrangler trap vas en hou langer
’n Naam wat respek onder plaaslike 4X4-entoesiaste afdwing. Nou is hy nog beter, sê Goodyear. Die Wrangler AT het ’n beskermende Kevlar-strook onder die loopvlak en herontwerpte knobbels wat ook sywand-greep in sand verbeter.

Dit is nie net voertuigvervaardigers wat diep onder die indruk van die ontploffende mark vir sportnutsvoertuie is nie.

Ontwerpers van toebehore, en ook bande, weet dit is ’n goudmyn.

Voeg daarby die feit dat 4X4-bakkies in hul hope hier verkoop, en dit maak heeltemal sin dat Goodyear baie in sy nuwe Wrangler-veeldoelband belê het. Hy het selfs miljoene bestee aan veranderinge aan sy fabriek in Port Elizabeth sodat duisende van dié knobbelrige kêrels vir verspreiding in Suider-Afrika vervaardig kan word.

Die Goodyear Wrangler AT-veelterreinband én Wrangler MT-klipkouer het hulself plaaslik al oor en oor bewys ondanks die feit dat hulle nie die goedkoopste opsie is nie.

Die jongste AT-weergawe beklemtoon die punt dat hy vir beide teer- en veldry-omstandighede ontwerp is deur die byvoeging van die woord “Adventure” tot sy naam.

Die nuwe Wrangler is sonder twyfel ’n AT-band, maar by nadere ondersoek is die knobbels op die loopvlak nogal naby aan mekaar en laat die rubberdigtheid mens baie aan ’n HT-band dink. Dit beteken waarskynlik goeie nuus wat remafstande op teer en duursaamheid betref.Foto: Dirk Jordaan

Die band is heeltemal herbedink en sy ontwerp is geskoei op omvattende marknavorsing, sê Goodyear. Volgens hulle wil voertuigeienaars die volgende hê in ’n motorband (in hierdie prioriteitsvolgorde): greep op droë paaie; weerstand teen beskadiging en lekplekke; duursaamheid; stuurvastheid; en greep op nat paaie.

Die Wrangler het daarom ’n Kevlar-strook onder die loopvlak sodat skerp voorwerpe nie maklik deur die band kan steek nie. Hy het ook versterkte sywande met ’n dubbele sintetiese laag.

Die band se knobbelpatroon sorg weer vir ’n goeie balans tussen greep in sanderige en klipperige toestande asook op teer.

Volgens toetse deur Dekra hou die band boonop 37% langer as sy direkte mededingers vanweë die groot knobbels en rubbersamestelling. Dit is baie goeie nuus, want ’n paar toks vir ’n bakkie is nie meer goedkoop nie. Goodyear het ’n konvooi Volkswagen Amaroks met nuwe Wranglers toegerus om die band in die Outeniquaberge bekend te stel. Die bande is teen 180 kpa gepomp, vir sowel grond- as teerpadgebruik.

Hoewel geen vergelykende toetse met ander bande of die AT se voorganger gedoen is nie, was dit opvallend dat daar baie min bandgeruis op teer is. Op grond het die band hom ook goed gedra met veilige stuurvastheid en kort remafstande. Daar was ook genoeg greep sodat basiese sandroetes sonder enige verdere afblaas van die bande baasgeraak kon word.

Die Wrangler AT sal in 27 verskillende groottes beskikbaar wees, wat wissel van ’n 205/70R15 tot ’n 255/55R19. Sommige groottes word deur die loop van die jaar eers bekend gestel.

Meer oor:  Goodyear
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.