30 Mei 05:27
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

21°C / 13°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 70%

Motors
VW verf weer die stad in primêre kleure

Wie onthou nog “red, yellow, blue”?

En ons praat nie van skilder Piet Mondrian wat ’n straatplan van New York se Broadway-distrik in hierdie drie primêre kleure – plus wit – geskilder en dit Broadway Boogie-Woogie genoem het nie.

Ons praat CitiGolfs en CitiGolf-advertensies uit die 1980’s.

Rooi, geel of blou – met wit tooisels – was die kleure waarin oorspronklike eenhede van Volkswagen se CitiGolf-reeks geverf is.

Nou’s dit weer sulke tyd, met die VW Polo se CitiVivo-reeks wat einste in rooi, geel en blou sal verskyn, met wit kantspieëls en deurhandvatsels, asook wit strepe op die gordellyn, die deur-enkels en die luikklap – plus wit 15”-vellings.

Dié keer, lyk dit my, word die woorde egter los geskryf: Citi Vivo. En net voor ons by besonderhede kom: as hiérdie ­Citi nes die CitiGolf (wat op Golf 1 gebaseer is) vir ’n kwarteeu lank oorleef, het VW uiteraard nog ’n wenner op hande.

Uiteindelik is dáái ene – die CitiGolf – in 2009 deur die Polo Vivo vervang. Dit nou die Polo van drie generasies gelede.

Nou’t ons die Polo Citi Vivo. Sowat 70% van sy onderdele word plaaslik ­gewin, vir ’n outjie wat (nes die CitiGolf en einste die nuwe Polo self) in VW se Uitenhage-aanleg in die Oos-Kaap gebou word.

Aanvanklik word net 2 000 eenhede beplan, almal gegrond op die Polo Vivo 1.4i Conceptline wat uit ’n 1.4-litertjie (55 kW) na die voorwiele dryf.

Opsies sluit kragvoorruite, ’n alarm, spoedbeheer en misligte in.

  • Prys: VW Citi Vivo – R177 300
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.