Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Reis
Bram Fischer-lughawe wen gesogte pryse
’n Foto wat in 2012 geneem is toe die Bloemfonteinse Internasionale Lughawe se naam verander is na die Bram Fischer Internasionale Lughawe. Pres. Jacob Zuma het die gedenkplaat onthul. Foto: Conrad Bornman

Die Bram Fischer Internasionale Lughawe by Bloemfontein het twee gesogte toekennings van Airports Council International (ACI) gewen.

Dit is aangewys as die beste lughawe in Afrika in die afdeling vir lughawens wat minder as twee miljoen passasiers per jaar hanteer.

Dit is ook in dié afdeling aangewys as die lughawe in Afrika wat die grootste verbetering ondergaan het. Die toekennings is gemaak gegrond op beoordeling wat in 2016 gedoen is.

Esmeralda Barnes, bestuurder van die Bram Fischer Internasionale Lughawe, sê sy is verheug omdat die lughawe so goed presteer het.

Sy sal die trofeë in Oktober in Mauritius tydens ’n prysuitdeling in ontvangs neem.

“Ek is baie trots op die erkenning.

“Alle erkenning gaan aan al die passasiers wat deur ons lughawe gaan. Dit is hul persepsie van hul ondervinding as hulle deur ’n lughawe gaan en wat hul gevoel is met al die verskillende prosesse wat hulle moet volg om by die eindbestemming uit te kom, wat saak maak.

Esmeralda Barnes, bestuurder van die Bram Fischer Internasionale Lughawe.

“Voel hulle veilig? Hoe word hulle deur die personeel behandel? Watter gevoel straal die lughawegebou uit? Dit is wat punte tel.

“Die program kan glad nie deur enige personeellid van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) beïnvloed word nie. Beoordeling word deur eksterne partye gedoen en deur ouditeure nagegaan, voordat enige aankondiging gemaak word.”

Lughawens in Afrika wat meer as twee miljoen passasiers hanteer wat as die beste aangewys is, is die Mauritius-lughawe in die eerste plek, met die King Shaka Internasionale Lughawe in Durban in die tweede plek en die Kaapstadse Internasionale Lughawe in die derde plek. In die Midde-Ooste is die Abu Dhabi-lughawe as die beste aangewys (in die afdeling vir meer as twee miljoen passasiers) en in Europa was die wenner die Sochi-lughawe in Rusland.

Meer oor:  Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.