22 Augustus 20:36
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Reis
Rondrits: Op spoor van taai setlaars

Ver in die ou Kalahari is daar rooi duine, gemsbokke en baie groot voëls, skryf Liezel de Lange.

Soos ’n impala vir die Krugerwildtuin, is ’n gemsbok vir die Kgalagadi-oorgrenspark. Gemsbokke en springbokke tref jy hier oral aan, maar veral die gemsbokke bly indrukwekkend. Foto’s: Ryk van Niekerk

’n Skamele 5 km van die Kgalagadi-oorgrenspark se Twee Rivieren-hek (in Noord-Kaap-terme is dit stapafstand) staan die Kgalagadi-lodge tussen die Kalahari se rooi sandduine.

Hier deel jy jou kampkombuis met ’n hans emoe wat elke etenstyd nader staan en ’n duiker wat vroegoggend, terwyl almal nog lê, homself aan ’n vrugte-ontbyt kom help.

So kampeer jy luuks tussen die rooi sandduine van die Kalahari by die Kgalagadi-lodge net buite die Twee Rivieren-hek van die oorgrenspark.

Dié lodge spog ook met ’n winkel, ’n restaurant, ’n rits chalets en 19 luukse kampplekke. Luuks, want hier het elke kampplek sy eie badkamer, afdak, braaiplek en elektrisiteit.

Dit is die ideale plek vanwaar jy die Kgalagadi kan verken (veral as jy soos ons te laat vir ’n groot groep mense blyplek in die park self probeer bespreek het).

Pak ’n piekniekmandjie of braaigoed en sorg dat jy oopmaaktyd (tussen 05:30 en 07:30 afhangende van die tyd van die jaar) by die hek is.

Onthou ook om vir die wis en die onwis ’n klomp ekstra water saam te ry.

Die piekniekplek by Auchterlonie, op die pad na Mata-Mata, en die piekniekplek by Melkvlei, langs die pad na Nossob, het behoorlike braaigeriewe en badkamers.

Veral by Melkvlei kan jy die uitgestrekte verlatenheid van die Kalahari behoorlik gaan beleef.

Rateltaai setlaars

By die Auchterlonie-museum kan ’n mens sien hoe die rateltaai setlaars sowat ’n eeu gelede langs die droë Auobrivier geleef het.

Dié setlaars se werk was destyds om die boorgate, wat die Suid-Afrikaanse regering hier gesink het, op te pas.

Die boorgate moes water voorsien aan Suid-Afrikaanse soldate, sou hulle in die Eerste Wêreldoorlog hier teen die Duitse magte ontplooi moes word.

Die setlaars het probeer boer en die museum wys hoe hul eenvoudige huisies gelyk het en ook hoe hulle ysterwerk en leerlooiery gedoen het.

Baie, baie gemsbokke

Maar eintlik sit ’n mens af Kgalagadi toe vir die natuur: die duine, droë rivierlope en die baie, baie gemsbokke.

Die Kgalagadi-lodge se mak emoe staan elke etenstyd nader vir ’n peuselhappie.

Ons was nie gelukkig genoeg om die Kalahari se leeus met hul swart maanhare of die langhaar- hiënas hier te sien nie, maar is wel beloon met ’n hele klomp geveerde vriende langs die pad.

’n Klomp reuse-versamelvoëlneste en die kans om ’n gompou en ’n sekretarisvoël van naby te beskou is nie te versmaai nie.

Pak skemerkelkies in ’n rugsak en stap ’n ent oor die sandduine agter die kampterrein as jy laatmiddag van die reservaat af na die lodge terugkeer. Hier kan jy op die rooi sandduine van die Kalahari uitspan om een van die mooiste sonsondergange wat daar is te aanskou.

Vir aandete kan jy by die lodge se restaurant aansit, of vleis braai onder die Kalahari se sterrehemel.

Ná ’n uitgerekte kamptoer in die Noord-Kaap en Namibië is dit dié duine en die emoe wat die kinders steeds bybly. Die einste arme emoe wat bakbene agter die kar aangehardloop het toe dit tyd raak om te groet.

  • Kampplek by die lodge sal jou R300 per nag vir twee volwassenes en twee kinders uit die sak jaag. Elke kampplek het verblyf vir ses mense teen R70 vir elke ekstra volwassene. Kinders onder ses jaar kamp gratis.

Blyplek in die chalets wissel van R650 (vir twee mense) tot R1 300 (vir vier tot vyf mense).

Besoek kgalagadi-lodge.co.za of bel 082 303 8768.

Dagbesoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark betaal R76 per volwassene en R38 per kind.

Op pad

Daar is twee maniere  om  by  die Kgalagadi-lodge (en  die Twee Rivieren-hek  uit  te  kom).

Die  eerste  is  met  die  R360 (teerpad) langs  van  Upington  af  of  met die  R31 (grondpad) waar  jy  van Kuruman af deur Hotazel  en Van Zylsrus  ry.  Ons  het  die  grondpad getakel  en  het  tyd  en  ’n  band of  wat  ingeboet  in  ruil  vir  ’n  baie mooi  en  ongerepte  natuurskoon.

Albei  roetes  vat  jou  verby  die piepklein  dorpie  Askham, waar   jy ongetwyfeld  by  die  Diamond T-koffiewinkel  moet  aftrek.  Sit  hier aan  vir  uitstekende  cappuccino’s, melkskommels,  heerlike  geroosterde  toebroodjies  en  watertandlekker gebak,  of  kry  dit  as  ’n   wegneemete as  jy  haastig  is.   By  dié  restaurant  en deli  kan  jy  ook  jou  voorrade  beskuit, konfyt  en  koekies  aanvul.

* Bel die Diamond T-koffiewinkel by 054  511 0025.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.