24 April 15:24
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

23°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Saterdag

28°C / 16°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

18°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Reis
Staning onder sterre

Conrad Bornman het gaan sterre kyk in Sutherland.

Die binnekant van die Salt-teleskoop met 91 agthoekige spieëls van 1 m elk in deursnee wat ’n struktuur vorm van 11 m in deursnee en 83 ton. Foto’s: Conrad Bornman

Welkom in Sterland. So begroet die verwelkomingsbord jou as jy Sutherland, die sterrehoofstad van Suid-Afrika, binnery.

Dié Noord-Kaapse Karoodorpie is nie net bekend vir sterrekyk nie, maar ook as een van die koudste plekke in die land. Hierdie kombinasie van klimaat, atmosferiese en geografiese faktore en natuurlik die afwesigheid van lugbesoedeling, maak Sutherland die ideale plek vir wetenskaplikes en amateurs wat wil sterre kyk.

Toerisme en die warm karakter bly egter die lewensboei van die dorp. Dit is regdeur die dorp sigbaar. Sakeondernemings en gastehuise se name herinner jou waarom jy hier is, met sterrekundige verwysing soos Jupiter, Galaxy, Skitterland en Blue Moon.

Kortpad of ompad

Sutherland is sowat 350 km van Kaapstad af. Jy kan dit bereik met die voet-in-die-hoek-teerpad langs of met ’n kamera-om-die-nek-ompad. Vat die N1 uit Kaapstad tot by Matjiesfontein. Draai af op die R354 na Sutherland, deur die Verlatenkloofpas, verby die Hokaaipadstal.

Of, neem die stadige roete deur die hart van die Tankwa-Karoo. ’n Moet-stop is by die Tankwa-padstal aan die R355. By hierdie negosiewinkel kan ’n mens enigiets van tongskrapers, Henna vir ’n Hindoetroue en swangerskaptoetse tot daggapype te koop kry. Vat dan die pad verder oor die Roggeveldbergreeks met die Oubergpas tot in Sutherland.

Waar die wetenskaplikes kyk

Die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (Salt) word vir wêreldklas-navorsing gebruik.

Dan kyk jy sterre. Sowat 18 km oos van Sutherland is die Suid-Afrikaanse Sterrekundige Observatorium wat die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (Salt)-observatorium en ’n battery ander radio-optiese en infrarooi-teleskope huisves. Salt is die grootste optiese teleskoop in die suidelike halfrond wat uit 91 agthoekige spieëls van 1 m elk in deursnee bestaan. Daarmee word die flouste lig in die buitenste ruim vasgevang. Sterrekundiges van oor die wêreld kom hier bymekaar om navorsing te doen oor die data wat die indrukwekkende teleskoop versamel.

Die observatorium het dag- én nagtoere. Op albei sien jy verskeie uitstallings en kort DVD-vertonings wat aspekte van sterrekunde toelig. Op ’n begeleide dagtoer (elke dag buiten Sondae) kan jy op die teleskoopplato tussen die verskillende koepels rondloop. ’n Gids verduidelik hoe die onderskeie teleskope se instrumentasie werk. Nagtoere vind op Maandae, Woensdae, Vrydae en Saterdae plaas en kos R80 per persoon (R40 vir kinders van 6 tot 11 jaar). ’n Dagtoer kos R60 per persoon (R30 vir kinders) en ’n uur lange toer R40 (R20 vir kinders). Bespreek vooraf by 023 571 2436 of by www.tours.saao.ac.za.

Hein Lange, mede-eienaar van die Tankwa-padstal aan die R355.

Sterrekyk op die plaas

Die plaas Blesbokfontein, sowat 28 km suidoos van Sutherland is naby die platorand, met ’n waarlik manjifieke uitsig oor die Karoo. Besoekers geniet gewoonlik ’n skemerkelkie hier voordat die eienaar, Nicol van der Merwe, hulle met sy twee teleskope deur die hemelruim lei. Koste beloop R50 per persoon (gratis vir kinders onder 11 en oornaggaste). Op die plaas is verskeie verblyfopsies. Jy kan ook vooraf reël vir lekker Karootjops vir aandete. (023 571 2631 of www.blesfontein.co.za)

Op die kleinhoewe Sterland, sowat 1 km suid van Sutherland, hou Jurg Wagener sterrekykaande in sy sterrewag wat in ’n muisbosskerm opgestel is. Die aand begin met ’n kort binnenshuise aanbieding, gevolg deur sterre kyk deur vyf outomatiese teleskope. Die gewone program begin om 20:00 en duur ongeveer twee uur. Koste is vanaf R100 per persoon (bespreek vooraf by Jurg by 082 556 9589 of www.sutherlandinfo.co.za.

  • Conrad se verblyf is deur Land Rover N1 City betaal in samewerking met Explore 4 Knowledge-opvoedkundige toere (www.n1city.landrover.co.za/021 595 7100 en www.explore4knowledge.com).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.