23 Junie 19:26
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Seks
‘Seksrobotte is al lank met ons’
Ter illustrasie. Grafika: iStock

Die seksrobotte is op pad na ’n slaapkamer naby jou.

Dit is nie meer ’n fantasie nie. Seksueel “funksionerende” robotte is nou beskikbaar om te koop en probeer. En sommige mense meen dit is die toekoms van seks.

Koerante praat van ’n naderende neiging in seksuele aktiwiteit met robotte en Vanity Fair het na die “Rolls-Royce van sekspoppe” verwys in ’n onlangse profiel van ’n Amerikaanse vervaardiger.

So, die toekoms van seksrobotte is vinnig op pad, blyk dit. Roxxxy, wat “altyd gereed is om te gesels of speel” en bemark is as die wêreld se eerste seksrobot, is nou aanlyn beskikbaar. Let egter daarop dat sy ontwerp kan word om te praat óf speel. Nie albei nie. Kies dus versigtig tussen jou opsies.

Onder diesulkes wat seksrobottegnologie verwelkom, is David Levy, wat in sy topverkoper Love and Sex with Robots: The Evolution of Human-Robot Relationships skryf dat hy ’n Utopiese toekoms voorspel. Hy meen dat eensames en mense wat hul maats verloor veral daarby sal baat vind en dat “talle wat andersins nêrens sou inpas nie nou beter gebalanseerde mense sal wees”.

In sy robot-Utopia sal prostitusie, seksmisdade en eensaamheid iets van die verlede wees.

“Die wêreld sal ’n baie gelukkiger plek wees, want al daardie mense wat nou ongelukkig is, sal skielik iemand hê. Ek dink dit sal ’n wonderlike diens aan die mensdom wees,” sê Levy.

Pedofiele, verkragters en mense wat nie menslike verbintenisse kan vorm nie, het terapie nodig, nie poppe nie.

Hy kan dalk reg wees. Abyss Creations, die ontwerpers en vervaardigers van die RealDoll-seksspeelgoed, sê dat hul produkte al deur ’n verpleegvereniging, mense wat prostaatkanker oorleef het, brandslagoffers en gestremdes gekoop is. Hulle maak ook daarop aanspraak dat psigiaters die robotte vir terapeutiese doeleindes gebruik en dat ouers dit vir hul outistiese of alleenloper volwasse kinders aanskaf.

Kathleen Richardson, medestigter van die Campaign Against Sex Robots, dink egter Levy sit die pot mis en dat die Utopiese toekoms wat hy voorspel eintlik ’n somber fantasie is.

“Pedofiele, verkragters en mense wat nie menslike verbintenisse kan vorm nie, het terapie nodig, nie poppe nie,” sê sy.

Sy maak ook kapsie teen die narratief wat Levy se robot-Utopia beskryf – die seksrobot as ’n passiewe, vroulike objek wat gekoop en as “prostituut” gebruik kan word. Die gebruikers is aktiewe mans wat veilige seks koop en gekompliseerde interpersoonlike verhoudings met vroue vermy. Richardson en die ondersteuners van haar veldtog meen dat hierdie narratief bevraagteken en verander moet word.

Die rekenaarwetenskaplike Kate Devlin doen presies dít. Sy wil vorentoe kyk en ’n nuwe narratief vorm. Of eerder, terugkyk . . .

Standbeelde en robotte

Een van die maniere waarop Devlin voorstel dat ’n minder polariserende narratief oor seksrobotte geskep kan word, is om terug te keer na antieke stories oor humanoïde seks. Die verhouding tussen mense en hul kunsmatige eweknieë is reeds in antieke Griekeland vergestalt, waar die beeldhouer Pigmalion se standbeeld volgens oorvertelling lewendig geword het ná ’n soen.

Die storie van die kunstenaar wie se lewensgetroue standbeeld lewe kry, kan gelees word as ’n morele les oor sedelikheid en ’n viering van kuisheid – die lewe van ’n uitgeworpene wat verander word deur die liefde vir sy “lewendige pop”.

Seksrobotte is op pad? Hulle is al langer hier as wat jy dalk dink.

* Liveley is ’n senior lektor in klassieke letterkunde aan die Universiteit van Bristol in Brittanje.

*Bron: The Conversation

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.