25 Maart 21:34
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Seks
‘Skaamte oor volwasse speelgoed moet verander’
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Die vibrator is steeds Suid-Afrikaners se gunsteling-seksspeelding.

Dít is bevind in ’n opname van Désir, ’n plaaslike maatskappy wat luukse seksspeelgoed vervaardig.

Die verslag is saamgestel uit 700 mense se antwoorde en ingesamelde data oor die persepsies van gebruikers van seksspeelgoed, asook van niegebruikers.

Die verslag, enig in sy soort in die land, het verklap dat meer as 76% van die deelnemers aan die opname al ’n seksspeelding gebruik het.

Diegene wat dit nog nie gebruik het nie (sowat 23%), weet volgens die verslag nie watter keuses hulle het nie. Hulle weet ook nie wat seksspeelgoed vir hulle kan doen nie.

Luidens die verslag koop die meeste van die mense hul speelgoed aanlyn.

“Die grootse rede vir die aankoop van die speelgoed is om hul sekslewe as paartjie op te kikker,” lui die verslag.

Nog bevindinge is dat die speelgoed aan die gebruiker beter orgasmes gee en dit langer laat duur.

Op ’n vraag oor hoe gereeld hulle die speelgoed gebruik, het 80,4% gesê van een keer ’n week tot vyf keer ’n maand.

Luidens die verslag is ook bevind dat die meeste mense die speelgoed koop om dit saam as paartjie te gebruik.

Volgens die uitvoerende hoof van Désir, Brodie Meyer, het die niegebruikers van seksspeelgoed se antwoorde bewys dat outydse stigmas oor seksspeelgoed steeds bestaan. “Mense wil hul speelgoed in ’n veilige omgewing, waar hulle nie veroordeel word nie, koop.

“Daar is nog baie skaamte oor seks en seksualiteit en dit moet verander,” sê Meyer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.