23 Augustus 14:00
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Eiendomme
Pickvest: Só vorder groepsgeding
Nic Geor­giou se eiendomsgroep besit onder meer die die Loch Logan-kompleks in Bloemfontein.

Na bewering het reeds sowat 10 000 voornemende eisers by die aksiegroep aangesluit wat ’n groepsgeding teen Nic Georgiou, sy familie en verskeie partye betrokke by Pickvest se mislukte Highveld-eiendom-sindikasies (HS) wil instel.

Lees ook: ​Pickvest: Nic Georgiou moet betaal

Die eisers het geld in HS 15 tot 22 belê wat intussen weens geldelike probleme deur ’n sakereddingskema bestuur word.

Dit is veral pensioentrekkers wat op die beloofde maandelikse rente op hul beleggings staatgemaak het wat die afgelope jare sedert die sakereddingsplan ingestel is in groot geldelike verknorsing sit.

Volgens Marina Verdoes, woordvoerder van Theron en Vennote wat die groepsgeding hanteer, het adjunk-regterpresident Phineas Mojapelo van die hooggeregshof intussen ’n toegewyde regter as saakbestuurder van die reëlingskema-saak aangewys.

Die groep wou aanvanklik aansoek doen dat ’n hofbevel ter sanksionering van die Orthotouch art. 155-reëlingskema ter syde gestel word wat op 26 November verlede jaar bekragtig is. 

Daardie aansoek is intussen teruggetrek “om potensieel onnodige koste te vermy” en daar is toe besluit om eerder vir ’n toegewyde regter as saakbestuurder (van die beoogde groepsgeding) aansoek te doen.

Twis oor hofsaak

In ’n mediaverklaring wat in Mei uitgereik is namens Orthotouch, dopmaatskappy wat die sakeredding bestuur en wie se direkteure respondente in die beoogde groepsgeding sal wees, is beweer dat Theron en Vennote die hof se reëls doelbewus verontagsaam het. 

Daar is ook beweer dat sowel Mojapelo as regter Dimpheletse Moshidi, die regter wat die reëlingskema bekragtig het, mislei is.

Theron en Vennote het die bewerings toe as “blatant misleidend en vals” afgemaak.

Intussen is daar Maandag in die Pretoriase hooggeregshof in ’n ander hofstryd uitspraak gegee ten gunste van 46 beleggers wat ’n siviele eis van R29 miljoen teen Georgiou ingestel het.

Verdoes sê die aksiegroep se regsverteenwoordigers sal dié uitspraak “in soverre dit betrekking het op die Reëlingskema bestudeer en daarmee handel.”

Tevrede met uitspraak

Sy het ook gesê die aksiegroep is baie tevrede met Maandag se hofuitspraak deur waarnemende regter A.J. Hiemstra, omdat dit sommige van die eise van die groepsgeding ondersteun.

“Die groepsgeding strek egter veel wyer as die groep van 46 individuele eisers wat slegs Georgiou, Zephan Eiendomme en een van sy trusts dagvaar. Die Georgiou-seuns, voormalige direkteure van die Highveld Maatskappye en ander belanghebbendes word ook as verweerders in die groepsgeding gevoeg.”

Sy sê daar is ook ’n alternatiewe beginsel vir die eise van die beleggers, gegrond op die “bedrieglike en/of roekelose wyse waarop HS 15-22 se bates van R4,6 miljard na bewering bestuur is.”

Verdoes sê daar het tans byna 10 000 voornemende eisers by die aksiegroep aangesluit en dat die grootte van die groep ’n positiewe impak op die regskoste het.

“Die groepsgeding maak juis voorsiening dat slegs een saak per sindikasie uitgereik word, in plaas van 10 000 sake wat later gekonsolideer moet word.”

■ Voornemende eisers kan meer inligting op die aksiegroep se webtuiste by www.hsaction​.co.za verkry.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.