26 Februarie 16:42
Kaapstad Verander Area

Maandag

25°C / 16°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Dinsdag

23°C / 18°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Woensdag

22°C / 18°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

21°C / 17°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Eiendomme
Dit raak al hoe moeiliker om eerste huis te koop
Dit raak al hoe moeiliker vir Suid-Afrikaners wat die eerste keer wil huis koop. Veral Kaapstad, met sy beperkte ruimte en gevolglike hoër huispryse, is ’n uitdaging, volgens FNB.Foto: Bloomberg

Dit raak al hoe moeiliker vir Suid-Afrikaners wat vir die eerste keer huis wil koop.

Navorsing van FNB wys nuwelingkopers het net 20% van huise wat in 2016 verkoop is, aangeskaf. Dit is laer as die 24,25% in 2015 en die 26,5% in 2014.

Nuwelingkopers is waarskynlik meer sensitief vir ekonomiese gebeure en hoër rentekoerse omdat hulle nog nie betekenisvolle finansiële reserwes opgebou het nie en dikwels swaar op krediet steun om ander aankope te doen.

“Verlede jaar was nog ’n jaar van stadiger ekonomiese groei, terwyl rentekoerse hoër as in 2015 was nadat dit twee keer met ’n totaal van 75 basispunte verhoog is,” sê John Loos, verbruikers- en eiendomstrateeg van FNB, in ’n verklaring.

Die peiling wys verder dit is die heel moeilikste om as nuwelingkoper ’n huis in Kaapstad te koop.

Slegs 13% van huise wat in die Moederstad verkoop is, is deur nuwelingkopers gekoop teenoor 22% in Groter Johannesburg en 24% in Tshwane.

Dit gaan ’n uitdaging vir Kaapstad wees as hy jonger mense met vaardighede in die streek wil behou.
John Loos, verbruikers- en eiendomstrateeg van FNB

“Ons weet huispryse in Kaapstad, waar daar beperkte grond beskikbaar is, styg vinniger as in ander dele van die land met heelwat inwaartse migrasie en kopers van ander gebiede wat voorheen al huis gekoop het. Dit is moontlik dat die bekostigbaarheid van eiendom hier nuwelingkopers in ’n groter mate uitstoot as in Gauteng.

“Dit gaan ’n uitdaging vir Kaapstad wees as hy jonger mense met vaardighede in die streek wil behou,” sê Loos.

Die persentasie individuele eiendomskopers, of hulle nou nuwelingkopers is of nie, wat jonger as 40 jaar is, daal ook. In 2007 was dit 52,59% van kopers vergeleke met 42,24% in 2016.

Die gemiddelde ouderdom van kopers het van 40,92 jaar in 2007 tot 44,4 jaar in 2016 gestyg.

Een van die redes vir die stygende gemiddelde ouderdom is waarskynlik omdat mense in hul vyftigs en sestigs dikwels hul groter huise verkoop en afskaal na kleiner huise, sê Loos.

Al hoe minder enkelinge koop ook eiendom. Loos sê dit is makliker vir twee mense met ’n gesamentlike inkomste om ’n huis te bekostig.

Net 16,7% van huise wat in 2016 gekoop is, is deur enkelinge gekoop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.