23 Junie 19:24
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Eiendomme
Rosebank word ’n tweede Sandton
’n Kunstenaarsvoorstelling van Redefine se nuwe ikoniese kantoorgebou, wat die stadsprofiel van Rosebank beduidend gaan verander.

Die Johannesburgse voorstad Rosebank word ’n tweede Sandton namate die Gautreinstasie dié kosmopolitiese voorstad hoogs aantreklik maak vir korporasies wat op soek is na prima kantoorruimte met goeie geriewe op hul drumpel.

Teen dié agtergrond is die Suid-Afrikaanse eiendomsbeleggingstrust (reit) Redefine Properties besig om ’n ikoniese kantoorgebou in Oxfordweg, in die hart van Rosebank, op te rig.

Dit kom op die perseel wat vantevore die Rosebank Mews gehuisves het.

Die nuwe gebou met 15 verdiepings gaan die stadsprofiel van Rosebank beduidend verander. Dit gaan aan huurders ’n unieke ligging bied, naby die Gautreinstasie, The Zone en die Rosebank Mall.

Die gebou, wat bekend gaan staan as Rosebank Link, sal regstreekse toegang tot die stasie bied via ’n grondvlak-voet­gangerdeurgang.

Dit gaan ’n bruto verhuringsruimte van meer as 19 000 m² se kantoorruimte hê en 817 m² se kleinhandelruimte op die grondverdieping.

“Ons glo vas dat die goeie gehalte en ligging van Rosebank Link dit baie aanloklik maak vir ’n wye verskeidenheid moontlike huurders,” sê Andrew König, uitvoerende hoof van Redefine Properties.

Daar word verwag dat die vraag na prima en A-graad-kantoorruimte in Rosebank in die toekoms beduidend kan klim.

Dié voorstad, wat in onlangse jare ’n gedaantewisseling van ’n ouer kantoornodus na ’n gebied met eiendomme vir gemengde gebruik ondergaan het, lok al hoe meer huurders wat ruimte in moderne en energiedoeltreffende geboue wil opneem.

Die voorstad het ook verskeie nuwe residensiële ontwikkelings bygekry, wat dit die ideale gebied maak om in te woon, te werk en te ontspan.

König sê wat Rosebank verder gesog maak, is dat al die geriewe binne stapafstand is vir kantoorgebruikers en inwoners.

Rosebank Link teiken ’n vierster-groengradering van die Suid-Afrikaanse Raad vir Groenbou.

Inheemse plante op die dakke maak deel uit van die ontwerp.

Dié lewende groen dakke word aangevul deur energiedoeltreffende lugverkoelingstelsels en beligting en ’n moontlike sonkragaanleg is ook op die kaarte.

Bouwerk is reeds aan die gang nadat sloping van die bestaande struktuur in Julie 2016 begin het.

Die gebou gaan na verwagting aan die einde van 2018 voltooi word.

Redefine Properties besit heelwat eiendomme in dié voorstad en het in November verlede jaar in sy nuwe hoofkantoor daar ­ingetrek.

Die groep besit ook die Rosebank Galleria, waar hy beoog om in die toekoms ’n nuwe ontwikkeling vir gemengde gebruik op te rig.

Dit sal onder meer kantore, ’n hotel en heel waarskynlik residensiële ruimte behels.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.