25 Maart 21:32
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Eiendomme
Sakpas-veilings vir voertuie bied groot pret
Dié huis op wiele kom volgende week by Donington Park in Engeland onder die hamer. Foto: H&H Classics

Daar is deesdae twee soorte veilings van klassieke motors.

Vir eers is daar die seldsame geleenthede waar weelderige voertuie vir miljoene ponde van eienaar verwissel soos H&H Classics se drie-jaarlikse verkoping by die Imperial War Museum in Duxford, Engeland. Dié veiling is grootliks gemik op die ryk bieër wat op soek is na ’n besonderse Ferrari of ’n Porsche vir ’n belegging.

Dan is daar die veilings waarheen kopers gaan vir ’n unieke, meer bekostigbare voertuig. Die plek vir dié kopies is H&H se veiling van gewilde klassieke motors by Donington Park, wat van 22 tot 23 Februarie plaasvind.

Volgens H&H sal voornemende kopers meer pret hê by die Donington-veiling met sy groot verskeidenheid klassieke voertuie teen billike pryse.

Van die voertuie wat opgeveil word, is ’n huis op wiele – ’n wit 2006 Four Winds Hurricane wat na raming tussen £28 000 en £32 000 sal behaal. Dit is in 2014 opgeknap.

Daar is ook ’n 1926 Ford Model T Tourer, wat vir tussen £8 000 en £12 000 opgeraap kan word.

Dié motor behoort al die afgelope 19 jaar aan dieselfde eienaar en word gebruik as troukar en pryk op uitstallings van klassieke motors. Dit word saam met allerlei onderdele en gereedskap verkoop.

’n Groen 1950 Austin A90 Atlantic-afslaankapmotor gaan na verwagting vir tussen £10 000 en £14 000 van die hand gesit word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.