18 Augustus 10:47
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Ekonomie
geriefskos
Debonairs en Nando’s bobaas

Debonairs en Nando’s is die twee geriefskosgroepe waarvan die diens en produkte Suid-Afrikaners die meeste beïndruk.

Verbruikers is volgens die Suid-Afrikaanse Verbruikerstevredenheidindeks (SAcsi) in die algemeen baie tevrede met plaaslike kitskosrestaurante en gradeer die bedryf op gemiddeld 80 uit 100.

Dié telling is effens hoër as verlede jaar se telling van 79,3, maar daar was beduidende veranderinge onder die verskeie handelsname.

Debonairs het sy posisie as markleier behou en ’n telling van 3,6 persentasiepunte bo die gemiddeld ontvang. Nando’s het die gemiddeld met 3,5 persentasiepunte geklop.

KFC, McDonald’s en Steers was op die gemiddeld.

Suid-Afrikaners was egter minder beïndruk met Chicken Licken, wat verlede jaar die markleier was. Dié kitskosgroep se telling het met 6,5 persentasiepunte gedaal.

Verbruikers was minder tevrede met Chicken Licken en hul verwagtinge van die maatskappy was laer as verlede jaar, sê prof. Adré Schreuder, voorsitter van SAcsi. Debonairs en Nando’s het beide verbruikers se verwagtinge oortref, sê hy.

Suid-Afrika is een van die lisensielande van die Amerikaanse Verbruikerstevredenheidindeks (Acsi), wat hul kitskosbedrywe volgens dieselfde maatstawwe beoordeel.

Die Suid-Afrikaanse geriefskosbedryf kry dieselfde as die internasionale pasaangeër Amerika. Beide kry ’n gradering van 80 uit 100.

Die Britte gradeer hul bedryf op 78, Suid-Korea s’n is 73 en die Turke gradeer hulle s’n op 72.

Restaurante

Daar is geen duidelike wenner onder die restaurante in Suid-Afrika nie, volgens die Suid-Afrikaanse Verbruikerstevredenheidindeks (SAcsi).

Mugg & Bean, Ocean Basket, Spur en Wimpy, sowel as ’n kategorie vir ander restaurante is by die navorsing ingesluit.

Dié “ander”- kategorie was die markleier en volgens prof. Adré Schreuder, voorsitter van SAcsi, gee dié kleiner restaurante die grotes sterk mededinging.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.