26 Junie 21:01
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Ekonomie
Afgradering en ystererts roer JSE op sy glybaan
Die JSE se indeks van alle aandele het Vrydag gedaal.

Die JSE was Vrydag steeds op die glybaan ondertoe, en het sowat 2,6% laer as die maandhoogtepunt van verlede week gesluit.

Volgens Fin24 is die mark gister oorheers deur skerp stygings in ysterertspryse te midde van ’n handelsdispuut wat tussen China en Amerika broei.

Die aandeelprys van die ysterertsmyner Kumba was byna 3% hoër, en die staalprodusent ArcelorMittal was ook byna 3% op.

Pioneer Foods en sy meerderheidsaandeelhouer Zeder se aandeelpryse was egter met onderskeidelik byna 5% en 3% laer nadat hulle laat weet het dat onderhandelinge oor ’n groot beplande transaksie van die baan is weens die onlangse kredietafgraderings.

Ontleders meen die afgraderings en risiko vir verdere afgraderings kan dit vir Pioneer moeiliker maak om die nodige lenings te beklink vir ’n sinvolle transaksie.

Die rand het sedert die skok van die kabinetskommeling en kredietafgraderings ’n week of wat gelede weer wesenlik tot onder R13,50 teenoor die dollar verstewig en veral die afgelope week tot selfs R13,12 versterk.

’n Sterker rand is gewoonlik negatief vir hulpbronaandele en ander randverskansers soos Naspers, Richemont, Steinhoff en British American Tobacco. Dié aandele was Vrydag almal laer.

Onder die wenners was Transhex, wat met 12% geklim het, Life Healthcare, wat met 5% gestyg het en Alexander Forbes, wat byna 4% hoër is.

Nog ’n kort week is volgende week op pad, met Vryheidsdag wat Donderdag gevier word. Statistieke Suid-Afrika maak Dinsdag wel Maart-syfers bekend oor likwidasies en bankrotskappe, en Woensdag word Maart se produsenteprysinflasie bekend gemaak.

Mamello Matikinca, ekonoom van FNB, verwag die Maart-PPI sal die dalende tendens voortsit. Dit was 5,9% in Januarie en 5,6% in Februarie. ’n Relatief sterk rand en landboukommoditeitsprysinflasie wat versag, druk die indeks steeds laer.

Matikinca verwag steeds Suid-Afrika se ekonomie sal vanjaar beter groei as verlede jaar se 0,3%, maar weens die onlangse politieke geraas en daaropvolgende kredietafgradering het FNB sy groeiverwagting vir vanjaar van 1,1% tot 0,7% hersien.

In Asië was die Hangseng in Hongkong laer, maar die res van die markte meestal hoër. In Europa was die beurse in Londen en Parys effe laer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.