22 Augustus 09:08
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 22km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 11°C

Wind 28km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Saterdag

18°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Ekonomie
Bankaandele trek swaar ná slegte nuus
Vrydag was nie ’n goeie dag nie, maar die JSE se indeks van alle aandele het wel die week hoër afgesluit.

Dit was ’n week met groot hoogte- en laagtepunte op die plaaslike mark.

Die rand het Woensdag vir die eerste keer in 16 maande tot onder R13 per dollar versterk en selfs R12,90 gehaal.

Die geldeenheid het teen gistermiddag effens verswak, maar was steeds op R13,04 baie naby aan dié sielkundig belangrike vlak. Dit is boonop ’n hele 30c sterker as ’n week gelede.

Volgens John Moni, valutahandelaar by TreasuryOne, is dit nie ongewoon dat groot internasionale batebestuurders en banke in ’n baie wisselvallige week voor die naweek koop of verkoop nie. Dit stuit die neiging (in dié geval die rand se versterking) minstens vir eers.

Nog ’n opmerklike gebeurtenis in die week was dat die opbrengskoers op staatseffekte met ’n tienjaar-looptyd vir die eerste keer tot laer as voor Nenegate gedaal het. Nenegate was die afdanking van Nhlanhla Nene as minister van finansies in Desember 2015, wat die rand skerp laat verswak het.

Laer opbrengskoerse is dalk nie goeie nuus vir plaaslike beleggers wat nou in staatseffekte wil belê nie, maar dit beteken dat internasionale beleggers ’n groter aptyt het vir beleggings in Suid-Afrika. Opbrengskoerse kan volgens Mohammed Nalla van Nedbank tot selfs 8,36% of laer daal.

Die JSE het gister effens in die rooi afgesluit. Die indeks van alle aandele was 0,69% laer op 52 224, maar die beurs het die afgelope week met 1,51% gestyg en die afgelope 30 dae met 2,68%.

Bykans alle indekse – van finansiële dienste tot mynbou – het gister verswak.

Dis geen verrassing nie dat bankaandele gister swaar getrek het. Dit kom terwyl kommentaar steeds instroom op die nuus dat die Mededingingskommissie sy ondersoek oor samespanning in valutahandel deur plaaslike en oorsese banke na die Mededingingstribunaal verwys het.

Dié ondersoek het alle banke met dieselfde teerkwas geverf, al word nie almal by die beweerde samespanning betrek nie. Standard Bank se aandeelprys het gister met 1,33% gedaal, Barclays Africa (moedermaatskappy van Absa) s’n met 1,28%, First­Rand s’n met 1,11% en Investec s’n met 1,29%. Oor ’n week beskou was net Investec en Barclays Africa se aandeelprys egter laer. Dié twee banke word in die verslag oor samespanning genoem.

Die week wat kom, kan dalk sy eie opwinding op die mark oplewer – Pravin Gordhan, minister van finansies, lewer sy begrotingsrede Woensdag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.