22 Augustus 09:13
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 22km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 11°C

Wind 28km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Saterdag

18°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Ekonomie
‘Daar ís ligpunte vir SA ondernemings in 2017’
Suid-Afrikaanse ondernemings hoef nie te pessimisties te wees oor 2017 nie, sê dr. Yudhvir Seetharam, hoof van ontleedkunde by FNB.

Die nasionale tesourie se verwagting dat die ekonomie vanjaar met sowat 1,3% gaan groei, dui op ’n moeilike jaar wat vir ondernemings voorlê.

Alle hoop moet egter nie verloor word nie, want daar is ’n paar tendense wat positief vir ondernemings in die komende jaar kan wees, sê dr. Yudhvir Seetharam, hoof van ontleedkunde van FNB.

“Dit is nie slegs ’n wanhopige en donker uitkyk nie: Ja, die ekonomie sukkel, maar ondernemings wat vooruitgang wil maak in 2017 sal op ’n slimmer manier te werk moet gaan,” sê hy.

Seetharam verwag die volgende tendense in verskeie bedrywe in 2017:

Groei in die mark vir tweedehandse motors gaan klein ondernemings in verwante markte aanspoor

Die mark vir nuwe motors gaan waarskynlik weer in 2017 verlangsaam omdat sukkelende verbruikers verkies om hul motors te hou of eerder tweedehandse motors koop.

Dit hou geleenthede in vir ondernemings verwant aan die tweedehandsevoertuig- en onderdelemark en daar sal waarskynlik ’n toename in verkope van ondernemings wees wat bande, onderdele en batterye verkoop namate verbruikers hul gordels probeer stywer trek.

Meer kitskos gaan geëet word

Kitskosrestaurante gaan waarskynlik groei omdat meer verbruikers sal kies om kitskos te koop eerder as om by restaurante te eet omdat dit meerendeels goedkoper is.

Toerisme gaan aanhou groei

Suid-Afrika bly ’n gewilde bestemming vir baie internasionale toeriste, veral omdat dit ’n eersteklaservaring bied – van inkopies doen en strande tot wynlande en onvergeetlike safari’s – teen ’n fraksie van die prys van ander lande.

’n Swakker rand beteken ’n voordeliger wisselkoers vir toeriste wat na Suid-Afrika reis. Suid-Afrikaners sal ook weens die swakker geldeenheid eerder tuis bly as om oorsee te gaan en dit beteken ’n selfs groter inkomste vir ondernemings in die toerismebedryf.

’n Toename in e-handel

Meer mense kry toegang tot die internet en die bevolking raak meer gewoond aan digitale platforms. Gevolglik sal daar meer aanlyn produkte en dienste beskikbaar word.

Ondernemings moet die geleenthede aangryp wat dié tendens inhou.

Landboubedryf gaan stabiliseer

Die afgelope jaar was ’n moeilike een vir die meeste boere weens die droogte, maar met ’n 75%-kans op La Niña sal die reën verligting bring.

As die reënval konsekwent is, sal oeste normaliseer. Vleis kan steeds duurder word en tot voedselinflasie bydra, maar met goeie reën kan Suid-Afrika ’n algemene daling in voedselinflasie sien.

“2017 gaan sonder twyfel ’n uitdagende jaar vir klein- en middelslagondernemings in alle bedrywe wees, maar met ’n wêreldmark wat herstel en ’n rand wat sterker verhandel, behoort ons ’n opwaartse tendens te sien na die einde van die jaar – hopelik is die ergste agter ons,” sê Seetharam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.