26 Junie 10:45
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Ekonomie
Firma beveel meer boorgate aan
’n Boorgat word gesink by ’n skool in Atlantis aan die Weskus. Foto: SRK

Grondwater sal nie Kaapstad se watertekort oplos nie, maar kan wel baie help mits dit reg bestuur word, sê die raadgewende ingenieursfirma SRK Consulting.

Peter Rosewarne, ’n konsultant van SRK, sê grondwaterbronne soos die Kaapse Vlakte- en die Newlands-akwifer kan relatief vinnig bereik word, en dat mense gereeld hul waterhouers by een van die fonteine volmaak wat aan laasgenoemde akwifer verbind is.

Rosewarne meen egter ’n oudit van grondwaterverbruik in die groter Kaapstad-gebied sal nuttig wees om te sien hoeveel meer waterbronne wettig en volhoubaar deur individuele grondeienaars ontwikkel kan word.

Fokus op water

Africa Utility Week, die jaarlikse konferensie wat nutsmaatskappye van Afrika byeenbring, fokus in Mei op waterbestuur te midde van die erge droogte van die afgelope paar jaar wat nie net Suid-Afrika nie, maar ook verskeie ander lande in Suider-Afrika geraak het.

Die fokus is vanjaar op openbare private vennootskappe soos dié van SRK met die provinsiale regering.

Daar is ook ’n perseelbesoek aan die Genius of Space-projek by die informele nedersetting Langrug in Franschhoek waar biomimiek benut word om water te suiwer.

Die Genius of Space-projek boots biologiese prosesse na om afvalwater te suiwer. Die inwoners kan hul gryswater in dromme gooi waar dit deur filters loop. Die water vloei dan in ondergrondse pype na boomtuine waar dit behandel word.

Hy waarsku dat grondwaterbronne net ’n relatief klein persentasie van die stad se waterbehoeftes vervul, selfs as dit ten volle ontwikkel sou word.

Daar is wel groot ruimte om nie-drinkbare grondwater vir nywerheidsdoeleindes en huishoudelike besproeiing te benut.

Desmond Visser, vennoot en hidro-geoloog by SRK, sê strategies geplaaste boorgate of putpunte in buurte waar die grondwaterpotensiaal goed is, kan besproeiingswater vir huiseienaars, parke, openbare geboue en sportvelde voorsien.

“Daar is waarskynlik minstens 70% van die Kaapstad-gebied waar daar genoeg grondwater is om dit uitvoerbaar te maak. So ’n stelsel kan die vraag na die drinkwatervoorraad in die somer aansienlik verlaag.”

SRK se Kaapse kantoor is deel van die provinsiale departement van vervoer en openbare werke se program om grondwaterbronne vir nuwe en opgeknapte skole te vind en te ontwikkel. Sedert 2011 het meer as 50 skole boorgate gekry as deel van die program en word minstens 500 000 m³ se water per jaar bespaar. Dis die ekwivalent van 200 Olimpiese swembaddens.

SRK meen die boorgate kan ook help om die watertafel te verlaag in laagliggende gebiede op die Kaapse Vlakte waar die vloedrisiko verlaag kan word omdat die akwifers dan beter geskik is om vloedwater te absorbeer

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.