23 April 21:38
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Ekonomie
Gee Gigaba kans, sê Reserwebank-hoof
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank.

Suid-Afrika se nuwe minister van finansies, Malusi Gigaba, moet tyd gegun word om hom in te grawe voordat sy prestasie geoordeel word.

Dít is die mening van Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank.

Hy het vanuit Washington, waar hy saam met Gigaba die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank se lentevergadering bywoon, gesê pres. Jacob Zuma se besluit om Pravin Gordhan as minister van finansies af te dank, beïnvloed nie die verhouding tussen die Reserwebank en die nasionale tesourie nie.

Die minister “moet tyd gegun word om ’n verstandhouding met sy span by die tesourie te kweek,” sê Kganyago.

“Dit is ’n baie bekwame span en hopelik kan hy daardie span behou.”

Die opmerking probeer kommer verlig dat Gordhan se afdanking die land se fiskale en ekonomiese beleid sal raak. Die kabinetskommeling aan die einde van Maart het daartoe gelei dat S&P en Fitch Ratings Suid-Afrika se kredietgradering tot onder beleggingsgraad verlaag het, met die gevolg dat die rand se waarde verswak het.

Hoewel die geldeenheid sedertdien sy verliese begin verhaal het omdat beleggers hoër opbrengste in ontluikende markte soek, ondermyn die afgradering beleggersvertroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Gigaba is van plan om die derde groot kredietgraderingsagentskap, Moody’s Investor Services, te ontmoet tydens sy huidige besoek aan die VSA. Moody’s het Suid-Afrika op hersiening vir ’n afgradering geplaas ná Gordhan se afdanking.

Kganyago, ’n voormalige direkteur-generaal van die tesourie, sê hy het reeds twee “baie hartlike en uitgebreide” vergaderings met die minister van finansies en sy adjunk gehad om die land se ekonomiese uitdagings te bespreek.

Dié drie amptenare se taak is om ’n ekonomie aan die gang te kry wat volgens die Wêreldbank se verwagtinge vanjaar met minder as 1% sal groei – vir die tweede agtereenvolgende jaar.

Die Reserwebank hou egter vir nou by sy eie groeivooruitskatting van 1,2%, sê Kganyago.

“Ons het steeds ’n siening van ’n ekonomie wat aan die verbeter is, hoewel dit in ’n web van lae groei vasgevang is.”

Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee (MBK) sal weer “ ’n bestekopname doen” van die jongste ekonomiese verwikkelinge wanneer hy aan die einde van Mei vergader, sê Kganyago.

Die MBK het die repokoers sedert verlede Maart onveranderd gehou nadat dit die afgelope twee jaar met 200 basispunte tot 7% verhoog is om inflasie in toom te hou.

Inflasie het in Maart tot 6,1% gedaal, wat net hoër is as die Reserwebank se boonste teiken.

Die monetêre beleid se uitgangspunt “tref die nodige balans tussen om inflasie onder beheer te hou en om die ekonomiese herstel te ondersteun,” sê Kganyago.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.