26 Julie 16:46
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 57%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 25km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Ekonomie
Gordhan se harde werk 'onklaar gemaak'
Prof. Raymond ParsonsFoto: Elvira Wood

Dit lyk of heelwat van Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, se harde werk om beleidsekerheid te bewerkstellig, onklaar gemaak is.

Pres. Jacob Zuma se onverwagse kabinetskommeling het in die doodsnikke van die eerste kwartaal plaasgevind, maar dit het nogtans die nuutste beleidsonsekerheidindeks van die Noordwes-Universiteit se sakeskool die hoogte in laat skiet.

Aan die einde van die vierde kwartaal van 2016 was beleidsekerheid op die beste vlak sedert die ontstaan van die indeks in 2015 met ’n gemiddelde punt van 38,8. Dit het nou teen die einde van die eerste kwartaal van 2017 tot 51,0 geklim.

Dit is egter steeds nie so hoog soos die 55,4 punte waarop dit was nadat Nhlanhla Nene uit die stoel as die minister van finansies gelig is nie.

Drie veranderlikes word elke kwartaal gemeet om ’n aanduiding te gee van hoe seker of onseker belanghebbendes oor beleid is: dit is die mening van die media, ekonome en vervaardigers.

Die eerste opname is in die derde kwartaal van 2015 gedoen en daardie bevindinge is as die grondslag gebruik.

’n Indekspunt van 50 is as gemiddeld gegee.

Kabinetskommeling kan nog groot impak hê

“Die ekonomiese en politieke nadraai van die onlangse kabinetskommeling en die verwydering van Gordhan as minister van finansies het soos verwag die indeks weer die hoogte in laat skiet,” sê prof. Raymond Parsons van die sakeskool. Hy staan aan die hoof van die groep navorsers wat die indeks saamstel.

Hy waarsku hoewel die kabinetskommeling gedeeltelik reeds deur die markte verdiskonteer is, het dit die potensiaal om nog ’n baie groot impak op die ekonomie te hê.

Van die kwelpunte wat Parsons voorspel ’n rol kan speel, is wat die beleid gaan wees oor maatskappye in staatsbeheer, die kernkragbouprogram en die lisensiëring van banke. “Daar is heelwat onsekerheid hieroor weens die politieke verandering, sowel as verandering in werknemers by die nasionale tesourie.”

Parsons sê dié onsekerheid was die rede waarom twee kredietgraderingsagentskappe die land se staatskuld onmiddellik tot rommelstatus verlaag het.

Fiskale konsolidasie van groot belang

“Wat belangrik gaan wees om beleidsonsekerheid in die toekoms te beperk, is die toewyding tot fiskale konsolidasie van die nuwe tesouriespan. Fiskale beleid was tot dusver baie seker, voorspelbaar en deursigtig.

“Malusi Gigaba, die nuwe minister van finansies, het reeds verskeie kere gesê Suid-Afrika se fiskale beleid sal gehandhaaf word en sy skielike aanstelling is nie ’n teken dat daar ’n verandering gaan wees nie,” sê hy.

Die waarborge wat die staat byvoorbeeld aan Eskom gee, is volgens Parsons ’n groot risiko vir fiskale stabiliteit.

“Die ware toets oor fiskale bestuur sal in die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) gesien word, veral wat betref maatskappye in staatsbeheer. Net as Suid-Afrika sy staatsbesteding breedweg in die pas bring met die grootte van sy bruto binnelandse produk en die tempo waarteen dit groei, sal hy ’n skuldslaggat vermy.”

Parsons wil ook hê dat presies verduidelik word wat radikale ekonomiese transformasie is ten einde beleidsonsekerheid te verminder.

“Dit het tot dusver meer verwarring as duidelikheid geskep.

“Of ons daarvan hou of nie, die ekonomie is besig om stormagtige waters binne te vaar, en die stormwaarskuwings is daar.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.