21 Augustus 04:28
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Ekonomie
Inflasie daal tot laagste in 8 maande
Daar is min genade as jy vir ’n gesin moet inkopies doen - veral as julle graag vleis eet. Foto: Pixabay

Kospryse het in Maart vir die eerste keer in ’n jaar met minder as 10% gestyg vergeleke met die vorige jaar.

Kosprysinflasie beloop nou 8,7% nadat dit in Oktober en Desember 2016 by selfs 12% gedaal het. Dit was laas in Maart 2016 minder as 10%, op 9,8%. 

Ingesluit nie-alkoholiese drank is kosprysinflasie ook 8,7%, die tweede maand in ’n ry dat dit onder 10% is en die laagste in 14 maande.

Vleispryse is egter steeds besig om skerp te styg en is 1,3% duurder as in Februarie (wat ’n groot maandstyging is) en 9,9% duurder as ’n jaar gelede, dieselfde jaarstyging as in Februarie. Vis (10,5%) en melk, kaas en eiers (9,2%) word ook steeds baie vinnig duurder.

Die oorhoofse inflasiekoers vir alle produkte en dienste het in Maart nog ’n bietjie verder gedaal, tot 6,1% vergeleke met Februarie se 6,3%, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak. Dit is die laagste inflasiekoers in agt maande.

Die syfers vir Maart beteken die swakker rand in April ná Suid-Afrika se afgradering tot rommelstatus is nog nie verreken nie. Dit kan inflasie weer effens opdruk, hoewel die rand intussen gestabiliseer het.

Provinsiale inflasiekoerse wissel van 4,9% in die Noord-Kaap tot 7% in die Wes-Kaap.

Pensioentrekkers ervaar inflasie van 6,5%, hoër as die gemiddelde.

Betreklik goeie nuus vir arm en middelklas-Suid-Afrikaners is dat hul inflasiekoers effens laer is as die gemiddelde op tussen 5,4% en 5,8% danksy die verlangsaming in kosprysstygings.

Mense met kinders in kleuterskole, skole en universiteite betaal gemiddeld 7% meer as in 2016 vir opvoeding, ’n element wat SSA jaarliks in Maart meet.

Kerinflasie, wat kos en drank, brandstof en energie uitsluit, het tot 4,9% gedaal nadat dit in Februarie 5,2% was. 

Só het jou kostrollie duurder geword

Die prys van kos en nie-alkoholiese drank het in Maart 8,7% duurder geword as ’n jaar gelede en 0,5% duurder as in Februarie. In Februarie was die jaarkoers 9,9% en in Januarie 11,4%.

As koffie, tee en koeldrank uitgesluit word, het kospryse in Februarie van jaar tot jaar ook met 8,7% gestyg (Februarie: 10%, Januarie: 11,7%) en met 0,5% van maand tot maand (Februarie: 0,7%, Januarie: 1,6%).

Geen voedsel was goedkoper as ’n jaar gelede nie, hoewel groentepryse onveranderd was.

Van maand tot maand het heelwat produkte goedkoper geword – brood en graan (-0,6%), melk, olies en vette (-0,9%) en groente (-0,1%).

Die jaarinflasie van die meeste basiese kossoorte is aan die verlangsaam – vleis is die uitsondering.

Brood en graanprodukte het in die jaar 8,7% duurder geword, vergeleke met die jaarstyging van 12,8% in Februarie.

Só het die prys van basiese voedsel jaar tot jaar verander (met die maand-tot-maand-veranderings in hakies):

  • Brood en graanprodukte: 8,5% (-0,6%) – jaarinflasie laer as in Februarie
  • Vleis: 9,9% (1,3%) – jaarinflasie dieselfde as in Februarie
  • Vis: 10,5% (0,7%) – effens laer as in Februarie
  • Melk, kaas en eiers: 9,2% (0,3%) – laer as in Februarie
  • Olies en vette: 1,9% (-0,9%) – laer as in Februarie
  • Vrugte: 4,6% (-0,9%) – laer as in Februarie
  • Groente: 0%  (-0,1%) – die jaarkoers was in Februarie negatief

Mense met ’n soettand betaal 17,6% duurder vir hul lekkers en poeding as ’n jaar gelede (0,2% duurder as ’n maand gelede).

Koffie en tee en ander warm, nie-alkoholiese drinkgoed het 13,3% duurder geword as ’n jaar gelede (0,2% duurder maand tot maand), terwyl die prys van koeldrank op ’n jaargrondslag met 8,1% gestyg het (0,4% op ’n maandgrondslag).

Alkoholiese drank het gemiddeld 3% duurder geword as ’n jaar gelede, en sedert Februarie 1,3% duurder. Spiritualieë is 5,7% duurder as ’n jaar gelede en wyn 6,5%. Bierdrinkers betaal gemiddeld net 0,4% meer as ’n jaar gelede.

Inflasie waar jy woon

Provinsiale inflasie wissel van 4,9% in die Noord-Kaap tot 7% in die Wes-Kaap.

Mense op die platteland ervaar tans inflasie van 6%, dus laer as die oorhoofse koers van 6,1%.

Só sien provinsiale inflasie daar uit:

  • Noord-Kaap: 4,9%
  • Mpumalanga: 5,1%
  • Vrystaat, Noordwes: 5,9%
  • Gauteng: 6%
  • Limpopo: 6,1%
  • KwaZulu-Natal: 6,3%
  • Oos-Kaap: 6,6%
  • Wes-Kaap: 7%

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.